Deur: Enzo Janse van Rensburg

Senior Hortoloog, Oos-Kaap

Agritechnovation.

Die belangrikheid van koolhidrate 

Fotosintese is ‘n proses wat deurplant gebruik word om ligenergie in chemiese energie om te skakel wat later vrygestel kan word om alle plantfunksies te ondersteun. Koolwater­stofsuikers is maklik beskikbaar vir plante en kan oor lang afstande deur die floëem vervoer word. Suikerkoolhidrate kan ook beskikbaar gestel word uit gestoorde koolhidraatreserwes, soos polisakkariede en stysel.

Chemiese energie in plante word gestoor as polisakkariede en stysel, wat beskikbaar gestel kan word wanneer suikers in plante of plant­organe beperk is. Blomtyd is om die draai en dit is belangrik om te weet wat jou boord se koolhidraatstatus is. ‘n Beperking in koolhidrate is ‘n belangrike oorsaak van die swak vrugset en die speen van blomme en vrugtein sitrus8 en is al bevestig as die hoofoorsaak van ‘n swak oeslading in verskeie kultivars en spesies.

Waar kom koolhidrate vandaan?

Fotosintese is die belangrikste verskaffer van koolhidrate aan blomme en vrugte. Om 100 g vrugte te produseer, benodig ‘n boom ‘n blaaroppervlakte van 200 cm2 om die nodige masjinerie vir fotosintese te bied. Gedurende hierdie tydperk, wanneer koel en dikwels bewolkte lente toestande voorkom, of uiterste hitte en warm toestande, sal fotosintese gevolglik vertraag word, en kan die hoë energiebehoefte van blomme nie versadig word deur ‘n lae fotosintese-tempo nie. Afge­sien van fotosintese, maak blomme in hierdie omstandighede staat op koolhidraatreserwes wat gedurende die vorige seisoen in ou blare en in die bas en wortels opgebou het.

Nie al die fotosintetiese vervaardigde kool­hidrate in die blaar kan oor ‘n lang afstand vervoer word nie. In hierdie konteks is sukrose die primêre getranslokeerde koolhidraatvorm vanweë die nie-reduserende aard daarvan. Die ophoping van sukrose in die floëem van die bronblare trek water osmoties aan, wat ‘n hoe turgordruk in die floëem veroorsaak. Dit dryf die massavloei van sukrose na ‘n laer turgordruk na koolhidraatverbruikers (sinke), teen ‘n baie hoër tempo as die aktiewe vervoer van hormone, byvoorbeeld. In Valencias word ongeveer twee derdes van die totale koolhidrate wat gebruik word vir blom en instandhouding van die lente se vegetatiewe lootgroei, verskaf deur koolhidraatreserwes in wortels. Ouer blare en wortels ondersteun dus aanvanklik die verskaffing van koolhidrate vir die ontwikkeling van blomme gedurende die vroeë lente, maar as daar nie genoeg gestoorde koolhidrateis nie, sal beperkte blomontwikkeling en vrugset plaasvind. Later in die seisoen word nuut ontwikkelende wortels en vegetatiewe lote ook deel van die sinke wat dan met blomme meeding om beperkte koolhidraatreserwes, wat kan lei tot swak set.

Effek van ‘n swaarblom

Die groei van ‘n enkele sitrusblom benodig ± 90mg glukose (Uitsluitende die addisionele energie wat vir nektarproduksie benodig word). Aangesien ‘n volwasse sitrusboom gemiddeld 50 000 tot 70 000 blomme produseer, beloop die totale koolhidraataanvraag van slegs die blomme ongeveer 2.5 tot 4.0 kg glukose per boom – dit binne ‘n kort tydperk van slegs twee tot drie maande. In Valencia bome is bewys dat bomewat sterk blom (met ‘n hoë blomdrag), tot vier keer meer koolhidrate benodig as bome wat swak blom lae blomdrag). Soortgelyke resultate is deur Monerri gedokumenteer.

Hoe kan ons koolhidrate bestuur?

Oesbeplanning

Dit is bekend dat die laat oes van vrugte ‘n negatiewe uitwerking op die koolhidraatstatus van die boom, asook op die blom en vrugte opbrengs van die volgende seisoen het. In boorde waar alternerende drag ‘n probleem is, moet gefokus word om die hele oes so gou moontlik van die bome af te haal.

Met die ITEST™ CARBOHYDRATES-analise (ontleding van koolhidrate) kan boorde wat ‘n swak opvolg-oes mag hê geïdentifiseer word. Dit kan help om pluk en ander praktykte te beplan asook om die toediening van produkte wat die plukperiode kan verleng, te vermy.

Snoei

By swaargesnoeide bome (verwydering van die boonste derde van die blaredak) was die totale suikerkonsentrasie in die fyn wortels beduidend laer 20 dae na snoei as by onge­snoeide bome. Daarna was wortelgroei van die gesnoeide bome aansienlik minder vergeleke met dié van ongesnoeide bome tussen 14 tot 49 dae na snoei. Tot 20% van die wortels sterf vier weke na snoei. Op dag 63 na snoei het die wortellengte en -digtheid herstel tot dié van die ongesnoeide bome, hoewel styselreserwes 18% minder was in die fyn wortels van die gesnoeide bome gedurende hierdie tyd.

Dit is belangrik om jou ITEST CARBOHYDRATES-wortelontleding te raadpleeg om seker te maak dat die wortelkoolhidraat­inhoud optimaal is voordat ‘n aggressiewe snoei oorweeg word. Siek of gestresde bome reageer om dieselfde rede nie goed op snoei nie. Swaar snoei tydens blom in die lente kan ‘n hewige hergroeireaksie tot gevolg hê enkan, as die koolhidraatvlakke gedurende September laag is, ‘n afname in die aantal vrugte veroorsaak.

Blomtyd in Sitrus: koolhidraatstatus

Gibberelliensuur

Toediening van GA verbeter seldeling en-vergroting. Die teenwoordigheid van meer selle of groter selle vergroot ook die koolhidraatafsetgebied, wat die behoefte aan voedingstowwe ook verhoog. Vir gibberelliensuur om optimaal te werk, moet daar genoeg same koolhidrate in die blare wees. Blaarbespuitings van GA op. blomme en vrugte mobiliseer koolhidrate van die blaar (Koolhidraatbron) na die blom of vrugte (koolhidraatsink). Studies op mandaryne het getoon dat GA₃- toedienings tydens blom ‘n toename in sukrose in die floëem tot gevolg het en ‘n afname in stysel in die blare. GA₃-behandelings van vrugte verhoog ook die vervoer van voedingstowwe vanaf die blaar na die vrugte en lei ook tot ‘n verhoogde minerale voedingstof toevoer vanaf die blaar na die vrugbeginsel wat vrugset aanhelp.

Ringelering

Ringelering behels die tydelike uitskakeling van die kompetisie tussen wortels en blomme vir koolhidrate deur die vervoer van suikers vanaf die blaar na die wortel in die floëem te versteur. Dit veroorsaak dat die blomme, vrugte en vegetatiewe lote suiker verbruik vir groei.

‘n Oormaat van suiker word in die blaar gestoor in die vorm van styselkorrels. Gewoonlik sal floëemselle regenereer en twee weke na ring­elering weer blaar-tot-wortel vervoer moontlik maak. Foutiewe ringelering kan langdurige skade aan die floëem tot gevolg hê, wat wortel­sterfte(koolhidraat-tekort), blaarval en terug­sterwing van lote en takke (gebrek aan wortel geproduseerde-sitokinien) kan veroorsaak.

‘n Optimale, geïntegreerde bemesting benadering

In chlorofil (die groen pigment in die plant noodsaaklik vir fotosintese), hou vier stikstofatome die sentrale magnesiumatoom in plek en 75% van die stikstof in ‘n blaar word vervat in ribulose-1,5-bisfosfaatkarboksilase-oksigenase, die eerste ensiem in fotosintese. As daar ‘n tekort aan stikstof is, word hierdie eensiem en chlorofil afgebreek, fotosintese neem af, wat let tot ‘n tekort aan koolhidrate. Fosfor is nodig vir die instandhouding van fotosintese, sintese en die afbreek van koolhidrate asook die vervoer van suikers in die plant. Sonder fosfor kan die energie wat deur fotosintese (ATP) vasgevang word nie gestoor en hergebruik word nie. Kalium speel ‘n kritieke rol in die floëem­translokasiemeganisme en die vervoer van suikers van die blaar na die wortels en ander organe, asook in die aktiwiteite van die huidmondjie (stomata). Plante met ge­noeg kalium het ook minder water nodig vir dieselfde hoeveelheid gesintetiseerde organiese materiaal as plante met te lae kalium vlakke. Dit is die gevolg van ‘n ver­laging in die transpirasietempo en beter regulering van die huidmondjie.

Magnesium is ‘n noodsaaklike bestanddeel van chlorofil en is vanweë sy rol in fotosintese dus direk betrokke by die koolhidraat-effektiwiteit van ‘n boom. Magnesium speel ook ‘n belangrike rol as ‘n akitveerder van verskeie ensieme, soos nitraatreduktase, en is ook betrokke by koolhidraatmetabolisme en sintese van nukleïensure. Kalsium is die mees algemenee mineraalelement in stirusbome en is betrokke by seldeling en selverlenging.In sitrus word magnesium- en kalsiumtekorte gewoonlik geassosieer met ‘n merkbare toe­ name in styselinhoud as gevolg van ‘n afname van die ensiem wat verantwoordelik is vir die afbreek van stysel.

Dit is dus van belang dat diebemestings­ program al die plant se voedingsbehoeftes voldoende sal aanspreek.

Verwyslngs

  1. Brenner, L,8.MN. Schreiber, and R.J.Jones. 1989. Hormonalcontrol of assimilatepartitioning: Regulation in thesink. DOI: 10.17660/AaoHortic.1989.239.19.
  1. Buston, A andE.Goldschmidt. 1998. fstirnafing rhecostoffloweringin agrapefruit tree.PlantCel/ Environ.21:217224.
  2. D<Nis, L, E.C.Machado, R.F.Ribeiro,J.R. Moga/hoes Fi/ho, P.E.R. Marchiori, andC.RG.Sales.2014. Roots areimportant sources of carbohydrates duringfloweringandfruitingin ‘Vatenda’ Sweet orangetreeswfthvaryingfruit lead.Scieno·a Hort 174:8794.
  3. Eissenstar, D. and UV. Duncan. 1992. Rootgrowthand carbohydrateresponsesin bearing cirrus treesfollowing partial canopy rem<Nal. TreePhysiol :245-257.
  4. GarciaLuis, A, Fornes,A Sanz, andJ.LGuardiola. 1988. Theregulation offlowering andfruit setinCirrus: Relationship with carbohydratelevels.IsraelJ.Bot 37:189-201.
  5. GarcioMartinez,j.L and A.GarciaPapi. 1979. Influence ofgibbereflic acidonearlyfruit development, diffu.sjble growth substances and contentof macronutrientsin seedless Oernendnemandarins. SdendaHolt.11:337-347.
  1. Goldschmid, E. 1999.Carbohydrate supply as a criticalfactorfor cirrusfruitdevelopment and productivity. Hor!Sdence. 34:1020-1024.
  1. Goldschmidt, E.E.2015. FiftY Years of Citrus Developmental Research: APerspective. 48(7):82 4.
  2. Garen R, Huberman, andE.E.Goldschmidt 2003.Girdffng: physiological & horticultural aspects Hott Rev. 30:1-36. 10.Koch, K 1984. The path ofphotosynthote rranslocation into cirrusfruit Plan,cell andEnviron. 7:645-653. 11.Maroa, M., 5. Tominaga, and I. Kozaki. 1997. Effects of exogenous growth regulator applications onsource-leaf carbohydrate accumulation patterns in Ponkan(Cirrusreticu/ota Blanco).J.Japan.Sac. Hort Sci.66(2):245-251. 12.Mone”i,C.,A Fortunato-Almeida, RV. Molina, 5.G. Nebau..-,A GarciaLuis, andJ.LGuardiola. 2011. Relationofcarbohydrate reserveswith thefonhcom;ngcrop,fl<:NVerformation andphotosyntheticrate, in thealternate bean’ng ‘Satuso·ana’ sweet orange(CltlUs sinensis L). Scientia Hon. 129:71-78.
  1. Ruan, Y-L 1993. Fruitset,youngfruit andleafgrO>W>of Cirrus unshiuin relation to assimilate supply

          Sdentia Hort 53:99-107. 

  1. Sanz,A, C Monerri,J.Gonz6tez-Fe.”er, andJL 1987. Changes in carbohydrates andmineral elements in Cirrus leaves duringfloweringandfruitset Physio/. Plant. 69:93-9&
  1. Yildiz, ,M. Kaplankiran, T.H. Demirkeser, andC.Toplu.2013.Seasonal parr..-ns of carbohydrates in mandarincvs. ‘Fremont’,n<Naand ‘Robinson’ ondifferentrootstocks. Not Bot Hort.Agrobo. 41:255262.