chlorofilkaart

Hoe om jou opbrengs-raaisels te ontsyfer

Deur Carl van Heerden
Hoof Landboukundige: Groente
Agri Technovation

As die wêreldwye vraag na gewasse so vinnig styg as wat sommige kenners voorspel, sal die oesopbrengs in die volgende paar dekades vinniger moet styg. Beter tegnologieë sal ’n deurslaggewende rol speel om opbrengste te verhoog, terwyl omgewingsimpakte tot die minimum beperk moet word. In die besonder sal presisie-landboutegnologieë ’n belangriker deel vorm van die toekoms van voedselproduksie. Keer op keer sien ’n mens dat wanneer produsente oor ’n goeie plantbeskermingsprogram en -voedingsprogram beskik, ’n hoër opbrengs die natuurlike gevolg is. Produsente kan dus baat by die samewerking tussen Laeveld Agrochem en Agri Technovation.

Wanneer ’n bemestingsvoorstel vir ’n produsent opgestel word, word daar gekyk na grondontledings (of presisie-ontledings), geskiedkundige blaarontledings, waterontledings, kultivarkeuse, en selfs mikrolewe-ontledings.
Al hierdie data plaas belangrike besluitnemingsinligting in die landboukundige se hand om sodoende die beste raad aan ’n boer te gee.

Op die voorpunt van tegnologie

Gedurende die groeitydperk word daar ook van Airbus VERDE™-satellietbeelde gebruik gemaak om regstreeks beelde van die gewas te verkry. Die nuwe VERDE™–tegnologie is beskikbaar vir die volgende gewasse: koring, mielies, lusern, katoen, sonneblomme, soja, suikerriet, kanola, gars, amandels en aartappels. Elke gewas het sy eie algoritme wat die spektrale analise vir die spesifieke gewas genereer. Die tegnologie word aanhoudend ontwikkel om sodoende die beskikbare gewas-algoritmes uit te brei.

Met MYFARMWEB™ se nuutste mobiele weergawe kan lande ondersoek word op grond van grondkaarte, chemiese presisiekaarte en nou Airbus VERDE™-beelde se drie parameters:

  • Blaaroppervlakindeks/“Leaf Area Index” (m blaar/m2 grond) wat die totale grondbedekking en spoed van plantweefselontwikkeling uitwys. Waardes van 1 – 7 word gebruik waar 5 – 7 gewoonlik aandui waar die blaredak die bedekking volmaak.
  • Chlorophyll (µg chlorofil/cm2) – waardes van 20 – 80 mikrogram variasie in chlorofil word gebruik.
  • Fcover (% plantbesetting op grond  oppervlak).

’n Voorbeeld in aksie

’n Goeie voorbeeld van ’n geval waar presisiedata tot beter belsuitneming gelei het, is by ’n jare-lange kliënt van Laeveld Agrochem Tarlton. Nadat die aartappelgewas geplant is (Mondial kultivar) het Agri Technovation (AT) die kunsmis en blaarvoedingsvoorstelle opgestel, terwyl Laeveld Agrochem (LAC) die gewasbeskermingsprogram opgestel het. Die spilpunt is in twee helftes opgedeel, Blok A en B. Blok A het op die volle AT-LAC program vir die hele seisoen gebly. Blok B het die Agri Technovation kunsmisvoorstel en LAC se gewasbeskermingsbenadering gevolg, maar het ’n alternatiewe blaarvoeding- en wurmbeheerprogram gevolg.

Na nege weke in die gewas se groeisiklus het die produsent versoek dat daar ingetree moet word; aangesien die plante in Blok B sigbaar agteruit gegaan het.  VERDE™-beelde het ook gewys dat die gewas se Fcover, blaaroppervlakindeks en Chlorophyll laer toon as op Blok A. Na samesprekings met die produsent is Blok B onder verdeel  in blokke B1 en B2. B1 was steeds op ’n alternatiewe blaarvoedingsprogram, terwyl B2 oor is na ’n AT blaarvoedingsprogram.

Omdat AT die grondontleding en geskiedkundige blaarontledings kon analiseer, was dit duidelik dat die magnesiumvlakke in die grond (mg/kg), asook as ’n persentasie van die basis versadigingspunt, te laag was. Hierdie tekorte in die grond het weer op sy beurt magnesiumtekorte, ’n belangrike voedingselement by aartappels, in die gewas geïnduseer.

Chlorofilkaart

Nommers praat nie nonsens nie

Indien ’n aartappelgewas nie voldoende magnesium gedurende sy groeisiklus opneem nie, kan die opbrengs negatief beïnvloed word. Vir elke dag wat ’n aartappel se blare langer groen bly, kan die opbrengs in die laaste fases met tussen 500 – 750 kg/ha per dag verhoog word. 

Gedeelte B2 het toe onmiddellik addisionele toedienings van Magnesium-to-Perform™ en Iron-to-Perform™ ontvang. Na ongeveer 10 dae was daar ’n duidelike visuele verskil  tussen Blokke B2 en B1, waar Blok B2 duidelik meer nuwe blareontwikkel het.

Magnesium speel ’n sentrale rol in fotosintese, aangesien dit in die middel van elke chlorofilmolekule voorkom. Dit is ook betrokke by verskeie belangrike stappe van suiker- en proteïensintese, asook by die vervoer van suikers, in die vorm van sukrose, vanaf die blare na die knolle. Magnesium-To-Perform™ is ’n vloeibare produk wat ontwikkel is om vinnig deur die blare van plante opgeneem te word. Die verhoging in magnesium in die blaar verhoog die potensiaal vir chlorofilproduksie en dus die potensiaal vir fotosintese.

Wanneer dit as blaarbespuiting toegedien word, hou Magnesium-to-Perform™ die volgende voordele in:

  • Verhoog die opname van magnesium
  • Verbeter fotosintese
  • Toename in fotosintese verhoog koolhidrate
  • Help met proteïensintese
  • Lewer gewasse van hoër gehalte op met langer rakleeftyd
  • Magnesium help om suikers, olies, en vette te vorm;
  • Versterk selwande.

Agri Technovation se produkte word geformuleer vir gewasspesifieke voeding, stimulering en energiebehoeftes, sowel as om plant- en grondgesondheid te bevorder.

Biomassa (Fcover) verspreiding

Die invloed van die regstellings op opbrengs

As ’n eindresultaat het Blok A, 70 ton/ha opbrengs gelewer; Blok B2, 65 ton/ha; en Blok B1, 55 ton/ha. Die plante in Blokke A en B2 het 21 dae langer hul blaarmassa behou as die plante in Blok B1, wat ook deur die VERDE™-beelde gestaaf is. Nog ’n interessante waarneming was dat die blaaroppervlakindeks (Fcover) vir Blok B1 ten minste 30% laer was, 21 dae voordat die Fcover vir Blokke A en B2 nie meer bereking kon word nie.   

Deurdat Blok B2 vir 21 dae ’n groter blaarmassa as Blok B1 gehad het, is die berekende toename in opbrengs 10.5 ton (21 dae x 500 kg/ha) . Na afloop van die seison is die pobrnegest gemeet en Blok B2 het 65 ton/ha gelewer en B1 het 55 ton/ha gelewer, ’n verskil van 10 ton/ha.

Daar kan dus vanuit hierdie data afgelei word dat hoe meer inligting ’n produsent tot sy beskikking deur die seisoen het, hy saam met syraadgewers beter ingeligte besluite kan neem om sy oes opbrengs te verhoog. Dit is belangrik dat die regte aksie, op die regte tyd vir ’n bepaalde kultivar uitgevoer word om die gewensde resultaat te bereik.

Die addisonele inligting van grondklassifikasie, grondchemie, en presisie-analises  stel die produsent instaat om meer ingeligte besluite te neem ten opsigte van produkkeuses en bestuursaksies. Met Agri Technovation se benadering om meer data gedrewe te boer,  kan produsente  die volgende vlak van opbrengste bereik.

For more information contact Agri Technovation on +27 21 300 0543 | info@agritechnovation.co.za or visit www.agritechnovation.co.za