Grapes_shutterstock_111135767_RGB 72dpi (3)1

Tafeldruiwe in die Noord-Kaap

Deur Nico Jordaan en Marné de Vries 

’n Uitdagende seisoen
Die nuwe seisoen lê voor met al die uitdagings van markte, die weersomstandighede wat kort- kort verander en natuurlik die beduidende impakfaktor COVID-19. Met ’n seisoen agter die rug waar reën groot skade aangerig het en hawens óf op volle kapasiteit was óf toe was, beteken dit uitdagings hierdie jaar is nog groter.

 

Daar moet dus vir ʼn beter oes voorberei word. Dit gaan vereis dat produsente die regte manipulasie-aksies neem en dat die toediening van bemesting stiptelik en vinnig op die korrekte tyd plaasvind. Die mark raak ook al hoe meer uitdagend met lande en produsente wat kompeteer met goeie laat wit kultivars in die vroeë mark. Die uitdaging is dus om seker te maak dat die plaaslike vroeë wit produk van beter gehalte en kwaliteit is.

 

Agri Technovation het produkte geformuleer spesifiek vir gewassoorte asook grondtipes en saam met ons kundigheid en die regte mani- pulasies op die korrekte tye, maak ons seker dat ons kliënte optimale resultate behaal.

 Effektiewe bestuur van uitdagings
Suieraksies
’n Baie belangrike tegniek in die lente is die suieraksies ten einde alle ongewenste lote te verwyder. Hierdie “rowers” (soos na hulle ver- wys word) moet vroeg uitgehaal word sodat hulle nie die lote en trosse wat moet groei se kos (voeding) steel nie.

 

Eerstens, moet alle dubbele lote uitgehaal word. Daarna, as tweede stap, moet bepaal word hoeveel trosdraende lote daar steeds is. Laastens moet dan besluit word met hoeveel trosse die seisoen gaan begin voordat oes- beheer-aksie later in die seisoen kan plaasvind.

Voeding
Die volgende produkte word met groot sukses langs die Benede-Oranjerivier gebruik: HPNP™, Terramax™ en RELEASE LPH™. Hierdie produk- te word toegedien tydens die lente. HPNP™ word toegedien vanaf bot tot 1 week voor blom en dan weer, 1 week na set. RELEASE LPH™ en Terramax™ word toegedien vanaf bot regdeur tot 3 weke na blom.

HPNP™ is Agri Technovation se fosfaatbron- produk. Die produk is spesifiek vir hoë pH- gronde geformuleer en bestaan uit drie fos- faatbronne. Dit beteken dat net een uit die ses fosfate wat vrygestel word, deur kalsium vasgevang word. Die gronde in die area is ook baie hoog in kalsium. Die gebruik van HPNP™ het dus vanselfsprekend tot gevolg dat meer fosfate aan die plant beskikbaar is omdat baie minder fosfaat vasgelê word. So klop HPNP™ sy teenstaanders loshande.

Terramax™ is ’n erdwurm-ekstrak-produk wat met groot sukses toedien word saam met FLAMMA™ (Agri Technovation se kelpproduk) vir beter wortelontwikkeling. Terramax™ plaas ook mikro-organismes terug in die grond wat uitstekend is vir die grondgesondheid. Hoe gesonder die grond, hoe beter word die chemiese kunsmis deur die wingerdstok op- geneem. Dit lei na ’n verhoogde kwaliteit in druiwe en dan ook in die lote vir die volgende seisoen.

RELEASE LPH™ is ’n fulviensuurproduk wat Agri Technovation aanbeveel om in klein hoeveelhede saam met kunsmis toegedien te word om die opname van die chemiese kunsmis

Blaarvoeding
Chemiese kunsmis is baie belangrik maar so ook blaarbespuitings. Veral langs die Benede- Oranjerivier waar daar hoë pH-, kalsium- en natriumgronde is, aangesien hierdie elemente met ander elemente soos magnesium, sink en kalium moet kompeteer vir opname. Die elemente is baie belangrik vir die proses van fotosintese en die vervaardiging van suiker en stysel in die plant om goeie gehalte druiwe- trosse te vervaardig.

 

Die aanbevole produkte wat met groot sukses in die bot- tot blomfase gespuit word, is GRAPE- TO-GROW™ en die floëemreeks in magnesium, sink en kalium (K PHLOEM™, MAGNESIUM PHLOEM™ en ZINC PHLOEM™). GRAPE-TO-GROW™ word vroeg in die 3 tot 6 blaarstadium gespuit om die stok ’n hupstoot te gee om beter te groei.

Die produk word al die afgelope 2 jaar met groot sukses gebruik in die maande Augustus, September en Oktober aangesien daar in September steeds laatkoue kan wees wat vertraagde groei kan veroorsaak waar die lote gaan stilstaan. GRAPE-TO-GROW™ verskaf die nodige hupstoot om die wingerd weer te laat groei en het tot gevolg dat die stok met die regte lengte lote en blare in blom ingaan vir die nodige set. Die floëemreeks is spesifiek en organies gecheleer om vinniger en makliker opname te fasiliteer deur die huidmondjies, lentiselle en kutikulêre krake.

So kan ’n vinniger reaksie op die wingerdstok en baie beter opname behaal word. Omdat die seisoen langs die Oranjerivier so kort is, speel tyd ’n baie groot rol. Derhalwe word die vinnige opname van die produkreeks as ’n beduidende voordeel beskou.

Figuur 1: Groei na behandeling van die jong stokke.

Figuur 2: Groei na behandeling van produserende bome