241705469_333922128486069_7447518926811791853_n (1)

Laeveld Agrochem en Agri Technovation stel bekend: Son-Safari Landbouskou

MEDIAVRYSTELLING
13 September 2021

 Son-Safari Landbouskou is ’n weeklange landbouskou wat vanaf 30 April tot 5 Mei 2022 in Mauritius plaasvind.

Wat is Son-Safari?
Son-Safari is ’n landboukonferensie oor ses dae en vyf nagte, met topsprekers en uitstallings met die nuutste tegnologie, produkte, hulpmiddels en toerusting in die landboubedryf. Laeveld Agrochem bou met hierdie konferensie voort op die twee vorige suksesvolle Seil-Safari Landbouskoue en dieselfde formaat as tevore gaan gevolg word.

Dié maatskappy vier vanjaar 30 jaar in die landboubedryf en hierdie geleentheid vorm deel van die feesvieringe. Die konferensie word gekomplementeer met vermaak en ontspanning vir die hele gesin.

Sugar Beach vakansieoord
Die landbouskou, alle vermaak en verrigtinge gaan by Sugar Beach, ’n luukse vyfster-vakansieoord, plaasvind. Die oord bied die beste aktiwiteite wat van Mauritius verwag word en is aan die weskus geleë, wat min wind en pragtige sonsondergange beteken.

Landbouskou
Top landbousprekers gaan die nuutste tegnologie en verwikkelinge in die bedryf bespreek, met sprekers soos Theo Vorster, ’n bekende landboukenner, en Dr. Todd Cardwell, ’n landbouspesialis vanaf die VSA. Agri Technovation gaan die nuutste kennis oor presisiedienste deel. Kom luister en maak planne saam met Suid-Afrika se mees suksesvolle boere.

Dis die ideale geleentheid vir boere om ’n hele vakansieoord te deel met mense wat net soos hulle is, in hul eie taal in ’n ander land te kuier en idees met mekaar uit te ruil. Word geïnspireer deur ander suksesvolle boere met dieselfde uitdagings, vrae en drome as jy!

Ander Son-Safari-vennote sluit onder andere in die AgriBonus-lojaliteitskema met hulle lede soos Laeveld Agrochem, Agri Technovation, Toyota en Zoetis. Ander Son-Safari vennote sluit Villa Crop, OUTsurance, Tax Recoveries en vele meer in.

Vermaak en glanspersoonlikhede
Die Afrikaans is Groot-span gaan ons vergesel, so gaste kan gereed maak vir drie aande se puik musiekproduksies met Top Treffers, Countrymusiek en Afrikaans is Groot-treffers. Die program sluit ook ander vermaak en uitstekende motiveringsprekers in, terwyl daar tussendeur ’n geleentheid is om met glanspersoonlikhede skouers te skuur.

Gaste sal nie sommer weer in hul lewens die kans kry om met 14 van Suid-Afrika se top kunstenaars ’n eiland te deel, saam te kuier, te eet en te swem nie – met hope tyd vir pragfoto’s van dié belewenis.

Pakketkostes
Pakkette begin vanaf R22,600 per persoon wat deel en sluit hope ekstras in. Kinders onder 18 jaar kwalifiseer vir verlaagde tariewe en kinders onder ses jaar se verblyfkoste is minimaal. Dit sluit onder andere vyfster-akkommodasie en ’n allesinsluitende pakket in. Die konferensie, uitstallings, vermaak, musiekproduksies en skakeling met landboukenners, sprekers en glanspersoonlikhede vind in ’n gemaklike omgewing plaas.

Ook ingesluit:
Retoer-vervoer vanaf die lughawe na die oord, ’n allesinsluitende pakket vir etes, drankies, die meeste watersport en ekskursies, onbeperkte gholf by twee verskillende bane, ’n binnenshuise gimnasium en meer. Daar is geen verskuilde kostes nie.

Betaal met lojaliteitspunte
AgriBonus is ’n landbou-lojaliteitskema wat aan produsente punte bied vir die aankoop van verskeie produkte en dienste. AgriBonus-punte kan vir die volle of gedeeltelike betaling gebruik word. Kliënte moet AgriBonus direk kontak vir meer inligting. Spesiale geleenthede is ook beskikbaar om ekstra lojaliteitspunte te verdien. Ander vennote, soos OUTsurance en Tax Recoveries, bied ook punte wat vir betaling gebruik kan word.

Besoek die webtuiste vir ‘n volledige lys van waar en hoe om punte te verdien.

Covid-19
Die datum is onderhewig aan beide Mauritius en Suid-Afrika se Covid-19-regulasies. Op die stadium word vereis dat gaste (ouer as 18 jaar) wat saam reis, teen Covid-19 ingeënt moet wees. Alle gaste, kinders ingesluit, moet ook ’n geldige dokument vir ’n negatiewe Covid-19-toets verskaf, wat binne 72 ure vanaf hul aankoms in Mauritius gedoen is.

Besprekings kan aanlyn op die webtuiste of telefonies gemaak word.

Kontakbesonderhede: Tel: 060 458 8483 / bespreek@sonsafari.co.za / www.sonsafari.co.za