PPM

PPM™ laat sitrusplae wyk die seisoen!

Deur Terése du Plessis
PPM™  Hoof,
MSc. Omgewingswetenskappe met Geïntegreerde Plaagbestuur,
Agri Technovation

Die voorkoms van plae tydens gewasproduksie het wêreldwyd ’n invloed op die opbrengs- en oeskwaliteit van die gewasse. PPM™ (Presisie Plaagmonitering oftewel Precision Pest Monitor- ing), stel landbouprodusente in staat om spesi- fieke insekpeste en -siektes in fyn besonder- hede te monitor deur die gebruik van ’n hoë- definisie moniteringstelsel.

Die PPM™-diens, verskaf deur Laeveld Agrochem in samewerking met Agri Technovation, koppel die voorkoms van peste en siektes aan ’n tydlyn sowel as ’n geografiese koördinaat (lokaliteit). Deur die interpolasie van die onderskeie datapunte wat verkry word deur visuele monitering en lokvalle, word ’n duidelike beeld van plaagvoorkoms geskep en aangebied in ’n drie-dimensionele formaat. Hierdie inligting, asook die formaat waarin dit aangebied word, maak die benutting van variasie in plaagbestuur moontlik. So is dit nou moontlik dat kleiner areas binne ’n boord of land wat onder ’n hoër of laer plaagdruk verkeer, onderskei kan word. Hierdie is van belang aangesien peste en siek- tes en die voorkoms daarvan kan varieer, en dit nie meer aanvaarbaar is (of optimaal effektief) om alle plae op dieselfde wyse oor ’n gegewe oppervlak te bestry nie.

Bestuursaksies moet dus nie net beplan word na aanleiding van wanneer die nodige aksies moet plaasvind nie, maar moet ook in ag neem waar dit spesifiek toegepas moet word.


Figuur 1: Die kaart dui die oneweredige verspreiding van Australiese wolluis-kruipers aan in sitrusboorde, ooreen- komstig die voorkoms van die natuurlike gasheerplante in die omgewing.

Die voordele en waarde van PPM™ in sitrusproduksie
Sitrus is een van die mees gewilde vrugte in die wêreld en word op al die kontinente (uitsluitend Antarktika) geproduseer. In terme van produksievolumes, is sitrus die grootste vrugtebedryf in Suid-Afrika. Sitrus word regoor die land geproduseer – hoofsaaklik in die Wes-Kaap, Oos- Kaap, Noord-Kaap, Oos-Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal. Suid-Afrika is die grootste sitrusuitvoerder in die Suidelike Halfrond, waar dit verantwoordelik is vir meer as 60% van die uitvoere. Dit sluit in uitvoere na ons buurlande sowel as Europa, die Verenigde Koninkryke, Midde-Ooste, Asië en Noord-Amerika.
Peste en siektes het ’n beduidende invloed op die produksie van sitrus, aangesien dit die grootste bedreiging inhou vir die suksesvolle produksie asook die uitvoer van sitrusvrugte. Sekere plae (byvoorbeeld blaaspootjies) veroorsaak kosmetiese skade aan vrugte in die vorm van littekens, terwyl ander (byvoorbeeld vrugtevlieë) ’n negatiewe invloed op die rakleeftyd van vrugte het.

Vrugte met kosmetiese skade word as onwaardig bestempel vir die uitvoermark aangesien verbruikers in uitvoermarkte vrugte vereis met goeie eksterne kwaliteite en minimum letsels. Fitosanitêre peste en siektes – wat die karobmot, sitrusswartvlek, valskodlingmot, vrugtevlieë en witluis insluit – kan veroorsaak dat ’n hele be- sending vrugte vir die seisoen verwerp word.

Dit is as gevolg van fitosanitêr-verwante struikelblokke, waar vrugte wat met fitosanitêre plae besmet is nie na markte met fitosanitêre beperkings uitgevoer mag word nie. Plae kan ook bome beskadig wat lei tot laer opbrengste en swak vrugkwaliteit, of selfs soveel skade aanrig waar die bome nie kan herstel nie en boordverliese die gevolg is.

Beduidende voordele wat PPM™ vir sitrus- produksie inhou, sluit die volgende in:
 Weeklikse en seisoenale verspreidingskaarte van peste en siektes, met knelpunte opgesom en visueel voorgestel in grafieke.
 Hierdie lei na die tydige opsporing van peste en siektes en bied ook die duidelike uitwysing van die fisiese oorsprong en verskuiwingstendense van hierdie plae. Die gevolg is dat plae tydens die vroeëre stadium van die seisoen aangespreek word wat weer verminderde gewasskade, ’n kostebesparing sowel as laer chemiese residuvlakke tot gevolg het.
 Die reaksies van peste en siektes op gekose beheermetodes word visueel uitgebeeld, wat dit moontlik maak vir beheermetodes om geherevalueer te word.
 Data word versamel en ingevoer op ’n elektroniese databasis.
 Grootskaalse uitvoer van data is beskikbaar vir uitvoerkwaliteitbeheer.
 Tendense wat gevind word kan gebruik word om voorkomend op te tree in die toekoms.

Boerdery gaan oor besluite: Die regte besluit moet op die regte tyd met betrekking tot die regte area of deel van die boerdery geneem word. Regte besluite kan slegs geneem word wanneer die nodige korrekte inligting beskik- baar is. Danksy die beskikbaarheid van gevorderde teg- nologie soos PPM™ wat plaagvariasie intensief karteer en interpoleer, word hierdie inligting ontvang in ’n formaat wat vinnig geïnterpreteer kan word om sodoende die effek van plae op die opbrengs en kwaliteit van gewasse uit te wys en aan te spreek.

Praktiese oplossings kan dus gebaseer en geïmplementeer word op grond van die werk- like toestand van sake en ook betyds toegepas word om ekonomiese verliese te voorkom.

Dit is weereens hier waar Laeveld Agrochem leiding neem deur produsente by te staan deur gebruik te maak van PPM™ – ’n diens van Agri Technovation wat ook deel vorm van die MYFARMWEB™ -platform.