koring foto

ITEST™ CARBOHYDRATES: ook nou beskikbaar vir koring

Deur: Attie Haasbroek, Senior Agronoom & Wilmé Brown, Plantfisioloog

Koolhidrate is die energiebron waarsonder die koringplant nie ten volle kan ontwikkel nie.

In die groen blare van plante word eenvoudige suikers geproduseer asook stysel vanaf oor- maat glukose. Suikers is dadelik beskikbaar terwyl stysel dien as die reserwe koolhidraat komponent.

Suikers en stysel maak die twee komponente van koolhidrate op wat tans kommersieel gemeet word deur Agri Technovation, en nou ook op koringplante vanaf 2022. Koolhidrate kan deur- lopend bepaal word tydens kritiese fisiologiese stadiums en maak dit moontlik om vroegtydige aanpassings te maak sodat goeie opbrengste met hoë kwaliteit verseker kan word.

Gestoorde koolhidrate
Onderskeid word getref tussen kort- en langter- myn gestoorde koolhidrate en plante gebruik verskillende organe om hierdie koolhidrate te stoor. Die koringblare dien as die korttermyn stoororgaan, waar suikers dadelik beskikbaar is vir gebruik, hetsy deur die blaar self of deur ander ontwikkelende organe.

Die stingel en wortels van koringplante dien as die hoof- en langtermyn stoororgane en berg suikers en stysel op.

Die invloed van koolhidrate op die plant tydens strestoestande
Reserwe koolhidrate dien as ’n buffer teen ongunstige toestande deur konstante voorsie- ning van energie tydens graanvul te verseker.

Studies het gewys dat gestoorde reserwes wat gemobiliseer word kan bydra tot 5-20% van die finale graanopbrengs se droë massa onder geen strestoestande, terwyl dit mag toeneem na 40-60% onder stresvolle groeikondisies (Blum, 1998).

Dus is die akkumulasie van stoorkoolhidrate van kardinale belang om goeie gestoorde kool- hidrate te verseker, veral onder strestoestande tydens graanvul.

Die invloed van mineraaltekorte op koolhidrate in die koringplant Mineraaltekorte in koring verlaag die effektiwiteit van fotosintese en sodoende verlaag die koolhidraatproduksie ook.

Wanneer voedingstekorte van sekere elemente ontstaan, kan daar ’n opeenhoping van suikers in die blare plaasvind (waar dit vervaardig word) en nie getranslokeer word na organe wat dit benodig nie.

Deur koolhidraatvlakke te meet kan bemes- tingsprogramme dus aangepas word sodat die plant gesond bly vir optimale koolhidraat- produksie en -allokasie wat opbrengste en kwaliteit beïnvloed.

Stadiums van monsterneming Blare en wortels word geneem tydens spesifieke groeistadiums om koolhidraat- vlakke te kwantifiseer:

Doel van ontleding by elke groeifase:
1. Twee weke voor stingelverlenging: Onvoldoende koolhidrate tydens hierdie periode kan minder syhalms tot gevolg hê en dus die opbrengs negatief beïnvloed. Bemestingsaanpassings kan gedoen word om dit reg te stel.

2. Vlagblaar: Hoë koolhidraatvlakke tydens vlagblaar kan die aantal pitte in die syare verhoog.

3. Aarverskyning: Koolhidrate word in hierdie stadium vervoer na ander sinke wat dit benodig. ’n Opeenhoping van suikers in die blare weens ’n voedingstekort kan hier reggestel word sodat koolhidrate getrans- lokeer word en produksie positief beïnvloed word.