pexels-photo-753271

ITEST™MICROLIFE : Die sleutel tot optimale grondgesondheid

Deur André Strauss
Senior Mikrobioloog

Grondgesondheid is lank reeds nie meer ’n nuwe term in die landbou-industrie nie. Die huidige uitdaging vir die industrie is eerder om die grondgesondheid te meet en daarvolgens praktiese en wetenskaplike aanbevelings te maak om die grondgesondheid te verbeter. Die ITEST™MICROLIFE-ontleding wat deur Agri Technovation se MICROLIFE™ RESEARCH CENTRE gedoen word, is ’n merkwaardige instrument om grondgesondheid te meet. Grondmikrobes dien as waardevolle indikators van grondgesondheid, as gevolg van unieke funksies wat hulle in die grond verrig en waar-deur plante voordeel trek. Deur grondmikrobes te bestudeer kan verslag gedoen word of die omstandighede in die grond vanuit ’n biologiese oogpunt vir die plant gunstig is, ten einde plantvoedingkeuses en die toediening daarvan te optimaliseer.

Die ITEST™MICROLIFE-ontleding wat gebruik word om grondgesondheid te bepaal, is gebaseer op die volgende drie bene en sluit altesaam agt verskillende ontledings in:

  1. Organiese fraksie wat in die grond teen-woordig is, wat die meet van grond-organiese materiaal, grond-organiesekoolstof en aktiewe koolstof insluit.
  2. Die mikrobiese aktiwiteit wat plaasvind indie grond, wat die meet van die mineraliseringstempo van koolstof, stikstof enfosfaat insluit.
  3. Die mikrobiese diversiteit (spesie-rykheiden -gelykheid) van die grond.

Hierdie ontledings stel produsente in staat omdie impak van ’n spesifieke landboupraktyk op grondgesondheid te meet, asook hoe hierdiepraktyk aangepas kan word om optimale grond-gesondheid te bewerkstellig. Voorbeelde van sulke praktyke sluit onder andere in die gebruik van dekgewasse, chemiese grondversteurings (deur die gebruik van swam-, insek- en onkruid-doders, asook beroking) en die toepassing van ’n grondgesondheidsprogram (biologiese produkte) met die oog op grondgesondheid.

Die afgelope sitrusseisoen (2021) is die ITEST™MICROLIFE-ontleding gebruik as instrument om die impak van ’n Agri Technovation grond-gesondheidsvoorstel op sitrus te analiseer. ITEST™ MICROLIFE-ontledings was in vier sitrusboorde tydens knopbreek gedoen (Augustus 2021). Op grond van die ontledingsresultate, was ’n grondgesondheidsvoorstel gemaak wat die volgende ingesluit het: RELEASE™ LPH teen 15 L/ha, TERRAMAX™ teen 20 L/ha, SoluPHOS™ teen 1 L/ha en NUTRICAST™ teen 4 m3/ha. Daarna, tydens 100% blomblaarval (einde Oktober 2021) is ITEST™MICROLIFE-ontledings weer op die-selfde plek in die onderskeie boorde geneem. Die grafieke dui die resultate aan van grond-organiese materiaal, grond-organiese koolstof, aktiewe koolstof, DebriDeg en AlkPac soos ont-leed deur die MICROLIFE™ RESEARCH CENTRE.

Figuur 1: Vergelyking tussen analises van A) organiese koolstof, B) aktiewe koolstof, C) koolstofmineralisering en D) fosfaatmineraliseringsanalise as deel van die ITEST™MICROLIFE ontleding, wat gedoen is voor en na grondgesondheidsprodukte toegedien is in vier verskillende sitrusboorde.

Organiese materiaal (Figuur 1A) verwys nie na die totale organiese fraksie (organiese koolstof asook ander minerale) teenwoordig in die grond, wat afkomstig is van dooie dier- en plantmateriaal nie, terwyl organiese koolstof (Figuur 1B) die ruggraat vorm van organiese materiaal en beskou word as die hoofkompo-nent van organiese materiaal. Beide Figure 1A en 1B, (organiese materiaal- en organiese koolstofontledings, onderskeidelik) toon ’n verhoging van organiese koolstof in elke boord na die toediening van NUTRICAST™ (met die uitsondering van Blok 1 wat dieselfde ontleed het voor en na toediening). NUTRICAST™ is erdwurmmis wat hoë vlakke van makro- en mikro-elemente (vir ’n organiese bron), plantgroeireguleerders en ’n diverse mikrobiese populasie bevat, en dien as orga-niese kunsmis met ’n hoë fraksie organiese koolstof. Figuur 1C dui die aktiewe koolstof aan, wat beskryf kan word as dié deel van die organiese koolstof wat die maklikste deur grondmikrobes as voedsel en energiebron bekom/verkry kan word. Dit dien ook as ’n natuurlike cheleermid-del wat katione bind om die beskikbaarheid vannutriënte te verhoog en loging te beperk, en dus so die grond se vrugbaarheid verhoog. 

RELEASE™ LPH bevat plantgroeireguleerders met ’n hoë fraksie organiese en aktiewe koolstof. Hierdie aktiewe koolstof-komponent voed dus die grondmikrobes en verhoog die grond se vrugbaarheid. Al drie komponente, organiese materiaal, organiese koolstof en aktiewe koolstof, vorm deel van die organiese fraksie van die grond, wat die fondasie van grondgesondheid is. Figure 1D en 1E dui die mikrobiese aktiwiteit in die grond aan, met spesifieke verwysing na die mineralisering van koolstof en fosfaat onderskeidelik. Die koolstofmineralisasie is ’n maatstaf wat gebruik word vir die afbreek van organiese materiaal na kleiner organiese koolstofmolekules wat deel raak van die grond-medium, om sodoende die mikrobes te voed en grondgesondheid te verbeter. 

TERRAMAX™ is ’n vloeibare konsentraat wat bestaan uit ’n mengsel van erdwurmmis-ekstrakte en gefer-menteerde kompostee wat hoog is in ensieme en plantgroeireguleerders, plantvoedingstow-we, organiese koolstofmolekules en ’n diverse groep voordelige mikrobes. Anders gestel, die mikrobes (ensiem) wat in ’n komposhoop gevind word en noodsaaklik is vir die afbreek van orga-niese materiaal, word in TERRAMAX™ gevind. ‘n Noemenswaardige verhoging in mikrobiese aktiwiteit is waargeneem na die toediening van TERRAMAX™ en ’n verhoging van meer as 7,6 keer meer was in koolstofmineralisasie waargeneem, na toediening. Figuur 1D dui fosfaatmineralisering aan wat as maatstaf gebruik word vir die beskikbaarstelling van fosfaat in die grond. Fosfaat word hoofsaaklik in die grond vasgelê deur die binding daarvan met katione (soos kalsium, sink, yster ens.). Die binding veroorsaak dat beide die fosfaat en katioon nie vir die plant beskikbaar is nie. Deur te verseker dat die grond oor genoeg van hierdie mikrobiese aktiwiteit beskik, kan ’n produk soos SoluPHOS™ toegedien word, wat die vasgelegde fosfaat myn, en so dan die fos-faat en die katioon vir die plant beskikbaar stel. SoluPHOS™ bevat lewendige bakterieë (Pseudomonas spp.) wat ensieme en organiese sure vrystel waarvan een van die hoof funksies is om spesifieke fosfaat te myn en beskikbaar te stel vir die plant. Deur die toediening van SoluPHOS™ het die fosfaatmineralisering noemenswaardig toegeneem en ’n verhoging van meer as 7,5 keer meer, was in fosfaat-mineralisering waargeneem.

Om saam te vat, die grond-gesondheidsvoorstel wat gevolg was, het die grondgesondheid in die vier onderskeie sitrus-boorde noemenswaardig ver-hoog deur die organiese fraksie asook mikrobiese aktiwiteit aan te spreek. Die ITEST™MICROLIFE-ontleding was suksesvol toegepas ten einde hierdie veranderinge te meet en te kwantifiseer. Die gevolglike veranderinge in biologiese status kan as vroeë aanwysers van agteruitgang of verbetering van grondgesondheid gebruik word, asook om praktyke te optimaliseer deur, soos in hierdie geval, die regte produk en produkvolume voor te stele n te bevestig.

Reg no: NUTRICAST™ – B514 ; ReleaseTM – B5183; TERRAMAX™ – B5108; SoluPHOS™ – M99. (FERTILIZER GROUP 2, ACT 36 OF 1947) – being migrated to Group 3