Groei artikel 3 figuur 3

Daag die siening van boordprestasies uit

Deur Erald Smith
Hoof van Presisiedienste

Met meer as 70 miljoen vrugteplukke wat in die 2020 seisoen aangemeld is, moet jy PICKLOGGER™ insluit as ’n instrument om toekomstige langtermyn sukses en volhoubaarheid op plaasvlak te verseker!


“Groot goed word bereik deur ’n reeks klein goedjies suksesvol saam te voeg.” – Vincent Van Gogh. Om hierdie wyse woorde tuis te bring: “Groot oeste word behaal deur ’n reeks klein aksies gedurende die seisoen reg te doen”. ’n Paar belangrike en praktiese vrae spruit uit hierdie filosofie – hoe identifiseer ons daardie klein goedjies en waar vind ons dit?

Agri Technovation se innoverende oesinstrument, PICKLOGGER™, is daarop gemik om albei vrae te beantwoord deur ’n nuwe vlak van presisiedata na meerjarige gewasse te bring.

Huidige siening van ’n boord
Tans kyk produsente na ’n boord vanuit ’n absolute gemiddelde perspektief, met data wat uit die pakhuis en ander oesmoniteringstelsels verskaf word. Met ander woorde, ons kry ’n waarde van x ton / ha vir boord A en y ton / ha vir boord B.

As die gewas, kultivar, ouderdom van die bome, en klimaatstoestande dieselfde is, kan ons ’n vergelyking tref van die prestasie op boordvlak.

Die PICKLOGGER™-innovasie, bied ’n heel ander uitkyk op die boord deur produsente die vermoë te gee om opbrengskaarte vir vrugtegewasse te produseer. PICKLOGGER™ teken ’n GPS-punt aan vir elke vrug wat gepluk word, en deur hierdie inligting te kombineer met ’n gewigsparameter van ’n skaal of pakhuis, word ’n opbrengskaart opgelewer wat die wisselvalligheid byna per boom identifiseer (Figuur 1).

As hierdie opbrengskaarte vergelyk word met ander inligtingsbronne soos grondchemiese analise, grondfisiese eienskappe, plaagdata, weerdata, besproeiings praktyke ens, word nuwe insigte in die prestasie van boorde op ’n baie dieper vlak na vore gebring as wat voorheen moontlik was. Al hierdie datastelle en vergelykings word beskikbaar gestel deur middel van die innoverende MYFARMWEB™-platform (Figuur 2).

Wêreld van geleenthede met PICKLOGGER™
Bo en behalwe die vervaardiging van akkurate opbrengskaarte, bied die verbeterde vlak van velddata-metings ook geleenthede vir ’n verskeidenheid ander insigte. ’n Verbeterde RFID-integrasiepakket verbind elke pluk met ’n spesifieke krat of bak wat tydens die oesproses gebruik word, wat PICKLOGGER™ in staat stel om met die pakhuisstelsels te integreer en statistieke en aanwysers te lewer oor die doeltreffendheid van werknemers. Hierdie data kan gedurende die seisoen gebruik word vir die verbetering van produktiwiteit.

Integrasie met moderne pakstelsels maak ook verdere opspoorbaarheid van die vrugte op die kleinhandelrak tot byna per boom moontlik. Tans stop die naspoorbaarheid op boordvlak, maar PICKLOGGER™ kan die laaste oorbrugging moontlik maak wat die vrugte op die winkelrak verbind met die boom in die boord waar die vrugte geproduseer is.

PICKLOGGER™ se oesfunksies sluit tans die vrugte soos sitrus, avokado’s, tafeldruiwe, mangoes en ander vrugte wat met ’n skêr geoes kan word in. Verder is PICKLOGGER™ besig om die opbrengskaart vermoë vir groente soos uie en rissies ook te ondersoek.

Die meeste produsente weet instinktief waar die laer en beter presterende gebiede in hul boorde is, net deur tyd in die boorde deur te bring van seisoen tot seisoen.

Met behulp van die gedetailleerde opbrengskaarte wat deur PICKLOGGER™ vervaardig word, kan produsente die veranderlikheid nou kwantifiseer en identifiseer en hul boerdery-strategieë só aanpas.

As ’n begin, fokus op wat gedoen kan word op die laer en gemiddelde presteerende areas in die boord en doen daardeur ’n reeks klein positiewe aksies wat op die ou ent ’n hoër opbrengs sal kan oplewer.

 

Vir meer inligting kontak Agri Technovation on +27 21 300 0543 | info@agritechnovation.co.za of besoek www.agritechnovation.co.za