Capture

PICKLOGGER™: Innoverende tegnologie

Deur LJ Venter
Hortoloog
Agri Technovation

PICKLOGGER™ is ’n eerste-van-sy-soort innoverende toestel wat dit nou vir die eerste keer moontlik maak om opbrengskaarte te genereer vir gewasse wat met die hand gepluk word, insluitend sitrus, avokado’s, tafeldruiwe en ander. Sedert sy toetrede tot die wêreldwye mark (2018 – 2019) is hierdie hortologiese toestel met groot sukses toegepas.

PICKLOGGER™ is in 2021 in 6 provinsies in Suid-Afrika asook in lande soos Peru, Australië, die VSA, Spanje en Nieu-Seeland uitgerol (altesaam oor 1000 ha). Opbrengskaarte wat in totaal 950 ha dek is reeds net in Suid-Afrika gegenereer.

PICKLOGGER™, wat in landboukundige kringe beskryf word as ’n toestel wat die volhoubaarheid in die landbouindustrie sal verbeter, het ook reeds op die internasionale hoë-tegnologie-platform aandag getrek, waar dit in November 2021 die NewAg International Innovation Award by die Biostimulant World Congress in Miami VSA ingepalm het.

Die werklike waarde van PICKLOGGER™ is gesetel in die interpretasie van opbrengskaarte en die insigte wat daardeur bekom kan word. Hierdie insigte maak dit vir die verbruiker (boer) moontlik om ingeligte besluite rakende ’n wye spektrum van boerdery-aktiwiteite te neem.

Hoe werk PICKLOGGER™: Van pluk tot opbrengskaart Die PICKLOGGER™-toestel word op ’n plukskêr of soortgelyke apparaat gemonteer wat dan deur die plukker gebruik word om die vrugte per hand te oes. Die toestel registreer elke pluk aksie/plukpunt op die oomblik wat die vrug gepluk word as ’n GPS-koördinaat en stoor die data op die toestel. Nadat die skêr gebruik is, word die skêr (met die PICKLOGGER™-toestel steeds daarop gemonteer) op ’n laaibank ingeprop (die laaibank kan verskeie skêre akkommodeer) waar die pluk-data afgelaai word, vanwaar dit na ’n databasis gestuur word. Die verbruiker kan toegang tot hierdie data verkry deur die MYFARMWEB™- platform en kan dus elke oggend die vorige dag se vordering met die oes monitor. Waar ’n spesifieke boord klaar gepluk is, kan
die verbruiker reeds ’n indikasie kry van waar die “goeie” en waar die “swakker” areas in die boord is, met verwysing na die hoeveelheid vrugte wat gepluk is. Hierdie opbrengskaarte verwys na en illustreer plukke/plukpunte per vierkante meter.

Wanneer die verbruiker die verdere pakhuisdata ontvang, word dit gestuur aan die PICKLOGGER ™-span by Agri Technovation, wat dan die pakhuisdata en die plukdata met mekaar verbind. Die resultaat hiervan is ’n opbrengskaart per boord met ’n sleutel in ton per hektaar. Bogenoemde proses vanaf pluk tot finale opbrengskaart word in Figuur 1 geïllustreer.

Interpretasie van die opbrengskaarte: Vergelyking met ander data en op-die plek ondersoeke PICKLOGGER™-opbrengskaarte word op die MYFARMWEB™ platform gelaai onder die MY YIELD™-funksie. Die MYFARMWEB™-funksionaliteit maak dit moontlik om die opbrengskaarte met die MYSOIL CLASSIFICATION™ grondkaarte,die ITEST™ SOIL-presisiekaarte, ITEST™ LEAF resultate en ander inligting op MYFARMWEB™ te vergelyk. Die MYSOIL™-CLASSIFICATION ondersoek, gee die verbruiker ’n indikasie van grond se fisiese eienskappe wat ’n effek op opbrengs kan hê, terwyl ITEST™ SOIL-presisiekaarte ’n indikasie gee van die chemiese eienskappe in die grond wat die opbrengs kan beïnvloed. Die “Comparing Control” funksie op MYFARMWEB™ kan gebruik word om die opbrengskaart bo-oor die MYSOIL™ CLASSIFICATION en die ITEST™ SOIL-presisiekaarte oop te maak en dan te soek vir korrelasies tussen swak opbrengsareas en moontlike grond-fisiese of grond-chemiese beperkings.
Opbrengskaarte kan ook op die MYFARMWEB™ mobiele toepassing (app) oopgemaak word, wat dit moontlik maak om probleem-areas in ’n boord te identifiseer. Die verbruiker kan tot by die probleem-area of hoë produksie-area in die boord loop en fisies op die plek ondersoek instel om vas te stel of daar ’n probleem teenwoordig is wat nie op MYFARMWEB™ sigbaar is of aangedui word nie, soos byvoorbeeld ’n lekkende waterpyp. Met die IConsult funksie  op MYFARMWEB™ kan ’n area gemerk word en, op grond van die oes-beperkende faktore wat vir die area geïdentifiseer is en die aksies wat moet plaasvind om die faktore aan te spreek, kan ’n aanbeveling op dié area gemaak word. Die belangrikste aspek van die interpretasie van die opbrengskaarte is voete in die boorde. ’n Skaapboer het eens op ’n tyd gesê dat jy op jou beste boer as jy met jou skape praat, menende dat die boer voete op die grond moet hê om regtig te weet as iets nie reg is nie. Dieselfde geld vir boere wat met sitrus, avokado’s en tafeldruiwe boer. Met PICKLOGGER™ en die opbrengskaarte is dit nou moontlik om vir die boer aan te dui presies waar in ’n boord daar vir ’n probleem gesoek moet word.

PICKLOGGER™ waarnemings gedurende 2021 1.

Alternerende drag op sitrus
Duidelike verskil tussen twee opeenvolgende jare binne een boord. Met die hulp van PICKLOGGER™ kon daar bepaal word tot in watter mate die bome in ’n spesifieke boord alternerende drag het. Figure 2 en 3 hieronder illustreer dieselfde boord wat in 2020 en 2021 waargeneem is. Tussen 2020 en 2021 is ’n oesverskil van slegs 2 ton/ha opgemerk, maar tog is daar duidelike tekensvan alternerende drag in verskillende areas van die boord. Met die hulp van PICKLOGGER™ en die kundigheid van Agri Technovation se landboukundiges, ondersteuningspersoneel en ITEST™-Carbohydrates kan daar nou in die jaar wat voorlê gefokus word op die spesifieke areas wat verwag word om te alterneer (en swak oes te lewer).

Die effek van fosforvlakke in die grond op alternerende drag. Fosfor is die belangrikste element wat benodig word vir die oordra van energie in ’n plant. In sitrus en in baie ander meerjarige gewasse, speel energie in die vorm van koolhidrate ’n baie groot rol in die opvolgende seisoen se blom. Indien ’n boom ’n lae energie- of koolhidraatstatus tydens blominisiasie het, kan dit lei tot alternerende drag. Hierdie verskynsel is duidelik waargeneem op opbrengskaarte wat met die hulp van PICKLOGGER ™ gegenereer is, waar ’n hele boord dieselfde ton vrugte per hektaar gelewer het as die vorige seisoen, behalwe op die area (gemerk met rooi sirkel) wat laag in fosforvlakke getoets het. (Figure 4-6).

2. Besproeiingsprobleme wat nie met die blote oog waargeneem kon word nie In ’n droogte-geteisterde area soos die Gamtoosvallei speel optimale besproeiing ’n kritiese rol in opbrengs. In gevalle waar die besproeiingstelsel nie optimaal gewerk het nie, is ’n laer opbrengs op die opbrengskaarte waargeneem (Figuur 7). Die waarneming kon toegeskryf word aan drupperlyne wat toegebuig was, welke oorsaak in die boord waargeneem is.
3. Die belangrikheid van gronddiepte en die effek daarvan op opbrengs
Gronddiepte speel ’n belangrike rol in wortelontwikkeling. Hoe dieper en meer gevestig die wortelstelsel, hoe beter kan die bome abiotiese stres soos wind, hoë temperature en baie lae temperature hanteer. Die stres beperk ook die algemene grootte van die bome as gevolg van fisiese ankerspasie in die grond. Daar is ’n duidelike ooreenkoms tussen die gronddiepte en oeslading op die bome (Figure 8 en 9).

Regstellings op die opbrengskaarte: ’n Spanpoging ’n Agri Technovation landboukundige werk saam met die verbruiker deur middel van die PICKLOGGER™-kaarte en daar word praktiese en innoverende planne saam beraam om die swak areas te verbeter. Nabetragting kan op MYFARMWEB™ gedoen word om te sien of die regstellings effektief was, en indien wel, in watter mate.

’n Voordeel van die MY YIELD™-kaarte is dat ’n brandpunt in ’n boord geïdentifiseer en dan gemoniteer kan word om sodoende die opbrengs met meer presisie te kan verbeter.

Die PICKLOGGERTM-diens bestaan uit talle komponente. Dit begin by die plukspan in die boord, daarna word die data verwerk en opbrengskaarte word geskep met behulp van data verkry vanaf die pakhuis. Sonder die interpretasie van hierdie kaarte is die waarde van PICKLOGGER™ beperk. Die samewerking tussen die verbruiker en die landboukundige is dus noodsaaklik om ‘n verbetering in opbrengs te verseker.