Screenshot 2021-08-10 at 14.47.10

Mikro-elemente voor en tydens blom verseker MAKro resultate

Deur Jaques Landman, Tegniese Bestuurder, Australië, Agri Technovation

 

Inleiding

Die lente is blomtyd op ’n makadamiaplaas. Vanaf Augustus tot September kan elke makadamiaboom duisende blomrisome oplewer. Daar word tot 300 blomme op elke risoom geproduseer, en die meerderheid van die blomme gaan oop in een dag, hoewel dit tot vyf dae kan neem voordat al die blomme op die hele risoom oopgemaak het. ’n Volwasse makadamiaboom produseer gemiddeld +/-150 blomme per risoom en ongeveer 50 risome per tak uit 50 blomtakke, dit beteken ʼn totaal van 375 000 blomme per boom! Ongelukkig sal nie al hierdie blomme vrugte dra nie en van die neute wat wel set sal 50-80% verlore gaan as gevolg van voortydige neutval. Op gemiddeld sal produsente slegs een volwasse neut per risoom oes, wat ’n opbrengs van slegs ongeveer 0,5% van die oorspronklike 375 000 blomme wat geproduseer is beteken. Hoe kan ons hierdie blomset verbeter?

 

Wat beïnvloed blom en blomset?

Klimaat

Die beste omstandighede vir goeie blom is warm weer, maar nie te hoë temperature nie, baie sonskyn en dan ’n sagte, goeie reën as die blomme klaar geset is. Produsente wil nie swaar reën, hael of storms gedurende die lente hê nie, want dit beskadig blomme en beperk die oes.

In kommersiële produserende boorde is dit die ideaal om ’n eenmalige blom- en neutset te hê oor ’n maksimum tydperk van 4 tot 6 weke, sodat ons al ons bestuursinsette kan beplan en die fokus kan plaas op die groei, ontwikkeling en rypwording van hierdie een neutgewas.
In die praktyk hang die tyd, omvang en duur van die blom egter af van die ligging, klimaat en die kultivar.

Gelukkig vind daar in Suid-Afrika ’n redelike gekonsentreerde blom gedurende die meeste seisoene plaas. Die blomknoppe vorm in die begin van herfs, waarna hulle rustend bly tot aan die begin van die warmer weer vanaf middel Julie. Omgewingsfaktore en koolhidraatstatus het ’n uitwerking op die finale neutset. Dit is dus van kardinale belang vir verbeterde makadamia-opbrengste dat boordpraktyke op optimale vlakke is tydens bestuiwing en neutset.

 

Voedingstowwe

Blomontwikkeling en -set kan opgebreek word in 5 fases naamlik blominisiasie, blomontwikkeling, volblom, neutset en vroeë neutontwikkeling. Dit is tydens hierdie fases dat daar ʼn hoër aanvraag en onttrekking van voedingstowwe is, as gevolg van die ontwikkeling van blomme,
nektarproduksie, blaarontwikkeling en wortelaktiwiteit.  

 

Die blomtydperk is ’n energie-gedrewe proses. Makadamiabome benodig nutriëntreserwes tydens blom en blomset. Nutriëntopname deur die wortels is gewoonlik steeds laag tydens blomtyd as gevolg van die koel temperature van laat winter. Die temperature beïnvloed die tempo van transpirasie sowel as die wortelaktiwiteit. Die bome kan ondersteun word deur blaartoedienings van spesifieke voedingstowwe tydens sekere fenologiese stadiums. Die tydsberekening vir hierdie bespuitings is van kritiese belang. Produsente kan oorweeg om bome tydens swaar blom te ondersteun deur blaarvoeding, wat hoog in aminosure en ensieme is, toe te dien.

 

Korrekte plantvoeding is belangrik vir die produksie van kwaliteit makadamianeute en mikro elemente het ’n belangrike funksie vir makadamiablomme en -neute.

 

Boor, sink, koper en yster is noodsaaklike mikro elemente vir groei en ontwikkeling van makadamiablomme, -bestuiwing, -bevrugting
en seldeling, wat beteken dat die toepaslike voedingstofaanvullings moet voor en tydens blom op die regte tydperk toegedien moet word. In makadamia produksieblokke is dit belangrik om ten alle tye voldoende vlakke van die volgende mikro-elemente te verseker, maar veral tydens blom- en vrugset.

 

1. Boor (B): Boor is ’n noodsaaklike element wat nodig is vir die normale ontwikkeling van nuwe weefsels in lootpunte, blomme, vrugte en wortels. Dit is veral belangrik tydens bestuiwing, stuifmeelbuisgroei en vroeë neutset. Neutgrootte en -kwaliteit is baie afhanklik van die optimale ontwikkeling van die stuifmeelbuis, wat beperk kan word as boor nie vrylik beskikbaar is nie. Dit is bewys dat blaarbespuitings die opbrengs, die herstel van neute en die kwaliteit van die neute verhoog. As blaarboorvlakke laag is (<50 mg / kg), kan tot vier blaarbespuitings tussen Julie en Oktober toegedien word, en ’n grondtoediening van boor binne die drup area van elke boom. Daar is ’n noue grens tussen boortekort en boortoksisiteit, en daar moet veral versigtig boor op grond toegedien word, veral op sanderige gronde.

Nuwe tegnologie in boorblaarvoedings, soos Agri Technovation se FLOWER POWER™ en BORON-TO-PERFORM™, bestaan uit ʼn amien gepolimeriseerde boorbevattende molekuul, wat baie beter opname in makadamiabome gee. Die boorinhoud van plantweefsel word oor langer periodes en in hoër konsentrasies ontleed na toediening.

 

2. Sink (Zn): Sink is ’n belangrike element in jong, aktief groeiende blare en tydens blom, en kom dus meestal voor in die lente wanneer plante vinnig groei. Dit is betrokke by die vorming en strukturele ontwikkeling van plantselle, speel ’n regulerende rol in wateropname en is dikwels sterk gebind aan ensieme wat verantwoordelik is vir selgroei. Tipiese tekort-simptome sluit in:

– Chlorose van jong blare;

– Kleinblaarsindroom en abnormale verdikking van wortels;

– ‘Rosetting’ van jong blare en lote;

– Buitensporige neutval (dikwels na goeie blom).

 

ZINC PHLOEMTM is spesifiek geformuleer vir effektiewe en vinnige plantopname. Dit is ideaal vir toediening op aktief groeiende blare voor en na blomtydperk om neute te verbeter.

 

3. Koper (Cu): Koper is ’n noodsaaklike element vir fotosintese, is betrokke by verskeie ensiemreaksies en die vorming van lignien wat lote en takke fisiese krag gee.

COPPER PHLOEMTM is geformuleer met organiese chelate vir effektiewe en vinnige opname in makadamiabome om kopertekorte te voorkom en reg te stel.

 

4. Yster (Fe): Yster speel ’n kritiese funksie in die produksie van chlorofil. Ystertekorte word selde veroorsaak deur onvoldoende grond-vlakke, maar word normaalweg as geïnduseerde tekorte (yster chlorose) gemanifesteer as gevolg van die onvermoë van plante om yster op te neem. Dit is te wyte aan die hoë grond-pH (kalk-geïnduseerde) of oormatige fosfor (fosfor-toksisiteit) of mangaan (Mn) in die wortelsone.

ROOTFOOD FeTM is geformuleer vir effektiewe en vinnige opname in makadamiabome. Ystertekorte in makadamiabome kan voorkom
word en reggestel word daarmee.

 

Bestuiwers

Alhoewel makadamiablomme selfbestuiwend is, het navorsing bewys dat kruisbestuiwing die produksie van makadamia bevoordeel. Die grootste voordeel van kruisbestuiwing sluit in ’n toename in die neutgewig. Verskeie studies het hoër opbrengste met bestuiwing van bye bevestig as dié wat bye uitgesluit het.

Daarom sal die volgende die bestuiwing van bye in die makadamiaboord verbeter:

– Digtheid van byekorwe in ’n makadamiaboord moet korrek wees.

 Die rangskikking van korwe in die boord is belangrik.

 Beskikbaarheid van blomme in die boord om kruisbestuiwing te verbeter.

 Die verstandige gebruik van plaagdoders.

 

Opsomming

Die potensiële opbrengs van jou makadamia- boord word bepaal deur die aantal geproduseerde blomme, effektiewe bestuiwing, kuns-
misprogram en die behoud van bestuifde neute. Enige gebeurtenis wat met hierdie prosesse inmeng, kan die opbrengs beperk.Dit is van kritiese belang om jaarlikse blaarontledings te evalueer en daarvolgens te reageer. Sink en boor is verreweg die belangrikste mikro-elemente in makadamiaproduksie, met koper en yster ’n probleem in sekere gebiede. Tekorte aan die mikro-elemente kan ’n negatiewe uitwerking hê op die opbrengs en neutkwaliteit.

 

Dit is belangrik om saam met kundiges te werk wat presies weet wat die belangrikste mikro-elemente vir jou makadamia boord is, veral tydens die kritieke tyd van die jaar.

 

Onthou swak blomme = swak neutset = swak oes.

Boor word reg deur die groeiseisoen benodig, maar dit is wenslik om boor vroeg te spuit tydens blomtydperk in makadamiaboorde. Boor help nie net met bestuiwingsaksies en stuifmeelbuisontkieming nie, maar ook met die translokasie van koolhidrate.

 

Voordele van BORON-TO-PERFORM™ / FLOWER POWER™ teenoor droë boorprodukte in die mark:

 Fisies makliker om te meng en in oplossing te bring in spuittenks.

 Bevat amienboublokke, wat die gedeelte van die boor meer translokeerbaar maak en ook ʼn langer nawerking gee.

  

For more information, contact Agri Technovation on +27 21 300 0543 or visit www.agritechnovation.co.za. Inquiries can also be sent to info@agritechnovation.co.za via email.