Soya field_1

In die kol met invoorprodukte

Deur Dr. Charné Malan (PhD Plantkunde) en Petrhi van der Linde, Besigheidsbestuurder: Hoëveld grane, Agri Technovation

 

Grondgesondheid of grondkwaliteit is ’n konsep, wat veral sedert die vroeë negentigerjare, inslag in die landbou onder boere, bioloë en wetenskaplikes gekry het. Heelwat klem word geplaas op die tipe boerderypraktyke wat gevolg moet word om die gesondheid van die grond te verbeter.

Maar wat beteken die term grondgesondheid eintlik? In die eerste plek word daar op die grondbiologie en die bevordering van ’n diverse, lewende ekosisteem in die wortelsone gefokus. Dit is definitief ’n sleutelkomponent van grondgesondheid, maar aan die ander kant speel die grond se vermoë om die nodige voedingstowwe aan die plant te verskaf, ook ’n groot rol. Hierdie aspek van grondgesondheid is net so belangrik om ’n hoë gehalte oes te verseker. Die gebruik van invoorprodukte kan beide hierdie aspekte aanspreek. 

Invoortoedienings verwys gewoonlik na klein hoeveelhede gekonsentreerde voedingstowwe, biostimulante of mikro-organismes wat naby aan die saad toegedien word. Die voordeel van hierdie vorm van toediening, is dat beperkende faktore soos voedingselement-tekorte, onegalige ontkieming en saailingontwikkeling, asook ongunstige fisiese en chemiese toestande in die wortelsone alreeds met plant aangespreek word om maksimum opbrengste te verseker.

 

Afhangende van die tipe, is daar verskeie voordele met die gebruik van invoorprodukte:

  • Vinniger ontkieming en ontwikkeling van sade.
  • Eenvormige ontkieming van sade.
  • Sterker saailinge en meer eenvormige ontwikkeling.
  • Verbetering van grondfisiese toestande in die wortelsone.
  • Vestiging van voordelige mikro-organismes in wortelsone

           – wat siekte weerstand van ’n gewas bevorder; en         

            – voedingselemente aan plante meer geredelik beskikbaar stel.

  • Voedingselemente is naby ontwikkelende wortels.
  • Loging van voedingselemente word verminder.

 

Ter illustrasie van die voordele wat invoortoediening aan ’n produsent bied, het Agri Technovation ’n kommersiële veldproef
ontwerp en uitgevoer:

Drie produkte van die Agri Technovation invoorprodukte portfolio is in kommersiële sojaboon veldproewe in die Middelburg area gebruik. In die eerste behandeling was TERRAMAXTM teen 25 L.ha-1 en NUTRICASTTM teen 5 m3.ha-1 toegedien (Tabel 1).

 

Text Description automatically generated with medium confidence

TERRAMAXTM is ’n kragtige wortelgroeistimulant wat ook ’n groot verskeidenheid mikro-organismes bevat, om die grondfisiese toestande in die wortelsone te verbeter, wortelontwikkeling te stimuleer (Figuur 1) en om wortelsiektes te onderdruk.

 ’n Gesonde wortelomgewing (risosfeer), is noodsaaklik vir die gesonde ontwikkeling van enige plant. Die risosfeer moet ’n verskeidenheid voordelige mikro-organismes bevat, wat in simbiose met die plant, ’n bydra tot wortelontwikkeling en beskikbaarheid van voedingselemente kan lewer. Hierdie simbiose lei tot meer komplekse grond-plantinteraksies wat die groei van plante bevorder. TERRAMAXTM is ’n 100% natuurlike organiese ekstrak wat ’n reeks plantgroei-reguleerders en -mikrobes bevat wat help met die opname van voedingstowwe en die skep van ’n gesonde risosfeer.

 

Om die effek van TERRAMAXTM op wortelontwikkeling te illustreer, is boontjiesade met TERRAMAXTM behandel en met ’n kontrole vergelyk (onbehandelde sade). Dit is duidelik uit figuur 1 dat die wortelontwikkeling van boontjiesade wat TERRAMAXTM ontvang het, grootliks bevoordeel was wanneer dit met die kontrole vergelyk word.                                         

 

 

 

NUTRICAST™ is uniek geformuleer om die natuurlike vrugbaarheid van grond te bevorder. Dit verbeter saadontkieming, wortelverspreiding en die groei van die meeste gewasse. Die gebruik van NUTRICAST™ verbeter die grondstruktuur asook die plantbeskikbaarheid van belangrike voedingstowwe soos stikstof, kalium en kalsium. NUTRICAST™ bevat ook ’n groot verskeidenheid van mikrobes, wat bydra tot die plantbeskikbaarheid van voedingstowwe. Omdat NUTRICAST™ ’n groot hoeveelheid plantbeskikbare voedingstowwe bevat, presteer dit goed teen relatief lae toedieningshoeveelhede. 

Table Description automatically generated

 In die tweede behandeling was FURROW LIFETM toegedien teen 5 L.ha-1. FURROW LIFETM is spesifiek geformuleer om noodsaaklike voedingselemente aan die plant tydens belangrike groeistadiums te voorsien. FURROW LIFETM bevat ’n reeks makro- en mikro-elemente, bio-
stimulante en aminosure wat noodsaaklik is vir die ontkieming van sade en ontwikkeling van jong plante. FURROW LIFETM kan toegedien word vir optimale plantontwikkeling en om verskeie voedingstekorte reg te stel. Die aminosure in FURROW LIFETM kan die produktiwiteit van plante verhoog, veral gedurende abiotiese en biotiese strestoestande.

In die derde behandeling was FURROWFOOD COMPLETETM toegedien teen 5 L.ha-1. FURROWFOOD COMPLETETM is geformuleer met ’n verskeidenheid makro- en mikro-elemente en bevat ook kelp, wat as voedingstof dien vir mikrobes wat natuurlik in die grond voorkom.

FURROWFOOD COMPLETETM stimuleer dus mikrobiese aktiwiteite in die grond wat sodoende die grondgesondheid verbeter. Hiermee saam bevat FURROWFOOD COMPLETETM ook ’n reeks biostimulante wat plante tydens belangrike groeistadiums bevoordeel.

Tydens veldinspeksies, met die uitvoer van die veldproewe, is ’n meer eenvormige ontkieming van die sojasade waargeneem. ’n Duidelike onderskeid in saailingontwikkeling kon ook tussen die behandelings onderskei word, met die invoorbehandelings wat sterker en groter jong plante gehad het. Mikrobiologiese monsters is ook geneem om die mikrobiese aktiwiteit te bepaal en ’n groter verskeidenheid en aktiwiteit van mikrobes is in die grond, wat met die verskillende invoorprodukte behandel was, verkry.

’n Stroperkaart van die proewe word in figuur 2 gegee om die verskille tussen die produkte en behandelings aan te dui. Dit is duidelik vanuit die stroperkaart, dat al die behandelings ’n beter opbrengs in vergelyking met die kontrole gelewer het. In die geval van die kontrole is ’n opbrengs van tussen 3,5 – 4,2 ton.ha-1gerealiseer, waar die verskillende produkbehandelings ’n gemiddelde opbrengs van tussen 4,6 – 6.0 ton.ha-1 gelewer het (Tabel 1). Dit is baie duidelik dat die gebruik van die verskillende invoorprodukte die opbrengs verbeter het. Tussen die produk- behandelings het TERRAMAXTM tesame met NUTRICASTTM ’n groter opbrengs (5.3 t.ha-1) in vergelyking met FURROWFOOD COMPLETETM (5.2 t.ha-1) en FURROW LIFETM (4.7 t.ha-1) vir hierdie veldproef gelewer (Tabel 1).

 

Map Description automatically generated

Om af te sluit

Invoorprodukte het verseker ’n plek in enige bemestingsprogram om graan opbrengste te verhoog. Vanuit hierdie veldproef is dit duidelik dat Agri Technovation se invoorprodukte ’n positiewe effek op die opbrengs van sojabone gehad het.

Al drie hierdie produkte het hoër opbrengste in vergelyking met die kontrole, gelewer. Waar die gebruik van TERRAMAXTM voordelig sal wees vir hoë potensiaal lande, sal FURROWFOOD COMPLETETM en FURROW LIFETM ’n wesenlike verskil op droë lande maak. Deur gebruik te maak van invoorprodukte kan vinniger, meer eenvormige ontkieming van sade en beter, sterker plantontwikkeling verkry word.

Die invoorprodukte het groter wortelstelsels tot gevolg gehad, wat groter plante kon ondersteun deur meer water en voedingstowwe aan die plante te verskaf. Die grond mikrobiese lewe word bevoordeel, wat weer meer voedingselemente en beskerming aan die gewas voorsien.

Die invoorprodukte het groter wortelstelsels tot gevolg gehad, wat groter plante kon ondersteun deur meer water en voedingstowwe aan die plante te verskaf. Die mikrobiese lewe in die grond was ook meer aktief en het weer meer voedingselemente en beskerming aan die gewas voorsien. Dit is belangrik om die mikrobiologiese aktiwiteit in jou grond te monitor en om seker te maak dat die regte mikro-organismes teenwoordig is om die nodige voedingselemente aan die gewas te voorsien.

Agri Technovation kan u help om die mikrobiese aktiwiteit en diversiteit van u grond te verbeter en deurlopend te monitor. Maak gebruik van die ITESTTM MICROLIFE diens om ingeligte bestuursbesluite te maak om die grond se gesondheid reg te stel en te optimaliseer.

A picture containing text, clipart Description automatically generated

 

For more information, contact Agri Technovation on +27 21 300 0543 or visit www.agritechnovation.co.za. Inquiries can also be sent to info@agritechnovation.co.za via email.