Screenshot 2026-04-10 144900

Hoë-pH gronde: ’n Unieke oplossing vir pekanneute

CJ van Zyl: Senior Agronoom, Agri Technovation
Bennie van Niekerk: Gewasadviseur, Laeveld Agrochem Prieska
Jakkie Stander: Kommersiële hoof – Produkte en dienste, Agri Technovation

 

Unieke uitdaging
Die pekanneutbedryf in Suid-Afrika groei vinnig, maar streke soos Prieska in die Noord-Kaap bied unieke uitdagings wat optimale boomgroei en opbrengspotensiaal beperk. Die streek word gekenmerk deur alkaliese gronde, hoë bikarbonaatvlakke in besproeiingswater, uiterste hitte en droë winde wat verdamping verhoog. Hierdie omstandighede lei tot vaslegging van beide mikro- makro elemente elemente soos yster (Fe), sink (Zn), mangaan (Mn) en boor (B), en fosfaat (P) wat hul plantbeskikbaarheid
verlaag (Stevenson 1994; Tan 2003).

 

Nuwe oplossing – unieke kombinasie-produk
Release LPH™ (M441) is ’n grond-toegediende produk wat die unieke kombinasie van organiese sure, aminosure en gevorderde seewier-ekstrakte bevat. Die produk is spesifiek geformuleer om wortelgesondheid en voedingstof-opname te ondersteun onder uitdagende toestande soortgelyk aan wat in Prieska ondervind word.

 

Hoe werk Release LPH™
Release LPH™ se unieke kombinasie van organiese sure, aminosure en gevorderde
seewier-ekstraksies stabiliseer mikro-elemente in ’n plantbeskikbare vorm. Die seewierkomponente bevat fisiologies aktiewe molekules wat wortelmetabolisme en stresbestuur verbeter (Adani et al. 2006).

 

Hierdie biologiese ondersteuning verhoog opname-effektiwiteit, selfs in gronde met ’n pH (KCL) bo 8. Die toevoeging van seewier-ekstrakte stimuleer wortelgroei en nuwe wortel punte, wat belangrik is vir sitokinien produksie, en verhoogde opname van makro-elemente soos P en Ca. Organiese en aminosure is verantwoordelik vir die buffer van die wortelsone by optimale pH van pH 5 tot 7, waar alle spoor-elemente wat natuurlik in die grond vasgelê is, mees plant beskikbaar is. Die kombinasie van wortelgroeistimulasie en buffer van grond pH tot die optimum, lei tot voordeel wat eventueel manifesteer in toename in gesonde, vegetatiewe loot- en blaargroei (Figuur 1a) en toename in wortelmassa (Figuur 1b).

 

Die groter wortelmassa is ook voordelig vir meerjarige gewasse soos pekans, aangesien dit kan help om te buffer teen abiotiese stres soos droogte en hitte. Release LPH™ wat in die wortelsone toegedien word, verbeter dus die mobiliteit van mikro-elemente wat vasgelê word in die grond a.g.v. grond pH, stimuleer wortelmembraanaktiwiteit tydens hoë hitte stres en ondersteun fosforbeskikbaarheid deur vaslegging te verminder (Havlin et al. 2014).

Figuur 1. Die effek van Release LPH™-toediening op a) die vegetatiewe loot- en blaargroei; en b) op wortelgroei en toename in wortelmassa.

 

Pekans: Belowende kultivars
In warm, droë en uitdagende streke soos Prieska presteer veral twee pekanneut-
kultivars goed: Wichita en Western Schley. Wichita is hoogs produktief maar gevoelig vir sink- en boortekorte, terwyl Western Schley stresverdraagsaam is maar soms wisselende kernvulling toon a.g.v. boortekort (Wood et al. 2017; Jones 2012). Pekanneutprodusente in die Prieska-streek word dus aangeraai om ’n geïntegreerde voedingsbenadering te volg met gereelde grondontledings waar Release LPH™ gereeld in lae dosisse deur middel van besproeiing (“fertigation”) toegedien word.

 

Dit is ook belangrik om roetine blaar-ontledings te doen met behulp van ITEST™ Leaf, om seker te maak dat Release LPH™ se effek op toenemende beskikbaarheid van elemente soos P, B en Zn, inderdaad opgeneem word en sy fisiologiese effek op boomprestasie het.

 

Met die hulp van gespesialiseerde produkte soos Release LPH™ kan kultivars soos Wichita en Western Schley steeds aanbeveel word, ten spyte van die uitdagings, mits die plante se voedingstatus fyn bestuur word (Jones 2012; Wood et al. 2017).

 

Verwysings:
1. Chen, Y. & Schnitzer, M. (1978). Chemical and spectroscopic analysis of soil organic matter.
2. Stevenson, F. J. (1994). Humus Chemistry.
3. Tan, K. H. (2003). Humic Matter in the Environment.

4. Adani, F. et al. (2006). Organic complexes and nutrient absorption.
5. Jones, J. B. (2012). Plant Nutrition and Soil Fertility Manual.
6. Havlin, J. et al. (2014). Soil Fertility and Fertilizers.
7. Wood, B. W. et al. (2017). Pecan Nutrition in High-pH Soils.