Jaco Engelbrecht, Besigheidsontwikkelingsbestuurder, Groei
Groei Power Lawn het die afgelope 18 maande ’n merkbare impak op die Suid-Afrikaanse kleinhandelbedryf gemaak. Hierdie gewilde NPK-formulasie is besig om die harte van ’n verskeidenheid van gebruikers te wen, van groot skoolrugby-grasvelde tot die kleinste agtertuin grasperk. Die toestroming van positiewe terugvoer uit alle oorde is klinkklare bewys van die produk se waarde en doeltreffendheid.
Wat Power Lawn so besonders maak, is die unieke, gebalanseerde voedingformulasie. Waar verskeie konvensionele produkte hoofsaaklik op stikstof fokus, bied Power Lawn ’n volwaardige pakket van noodsaaklike elemente wat nie net blaarontwikkeling nie, maar ook robuuste wortelgroei ondersteun.
Waar die aktiewe bestanddele 30% van die sak uitmaak, is dit in kunsmis-terme, letterlik ’n sak vol krag.
Waarom gebruikers chemiese korrelkunsmis verkies
Terugvoer uit die kleinhandelsektor bevestig dat chemiese korrelkunsmis steeds die eerste keuse onder gebruikers is. Dit is maklik om toe te dien, verg relatief min produk per vierkante meter en lewer vinnige resultate, dus ’n gedugte kombinasie wat elke tuinier beslis sal waardeer. Verder is die produk heeltemal veilig vir mens en dier en daar kan vrylik op die gras rondbeweeg word na toediening.
Hoekom juis Power Lawn?
Die mees algemene korrelkunsmis beskikbaar op die rakke vir grasperke is 7.1.3 (15). Die tipiese formulasie van hierdie produkte is baie stikstofgedrewe, met ’n lae fosfaatinhoud en slegs ’n klein hoeveelheid kalium.
Vergeleke met die 13.7.10 (30) formulasie van Power Lawn, bevat genoemde produkte dus slegs die helfte van die aktiewe bestand dele wat in Power Lawn voorkom. Die hoër fosfaat en kaliumvlakke in Power Lawn ondersteun verbeterde wortelgroei en blaarontwikkeling.
Die Power Lawn – formulasie bied duidelike voordele:
1. Dit bevat meer voedingstowwe per toediening,
2. Ondersteun beter gebalanseerde groei,
3. Omdat daar meer van elke element in elke sak is, kan gebruikers dit minder gereeld toedien, en
4. Waar baie algemene kunsmisprodukte elke vier weke toegedien moet word, is Power Lawn effektief vir ses tot agt weke.
Vinnige resultate, gelukkige gebruikers Power Lawn se toenemende gewildheid is veral te danke aan die feit dat resultate vinnig sigbaar is. Alhoewel ’n merkbare verskil binne twee weke gesien kan word, het praktyks-ervaring getoon dat ’n merkbare verskil dikwels reeds 7 tot 9 dae na toediening waargeneem kan word.
Gedurende die afgelope 18 maande het gelukkige kliënte insluitend skole hul suksesse gedeel met die hulp van foto’s wat die merkbare en dikwels dramatiese verbetering van hul grasperke uitlig. Die foto van die rugbyveld ingesluit in hierdie artikel is ontvang vanaf Laerskool Durbanville in die Wes-Kaap, en spreek vanself. Die variasie tussen die donker en ligte bane is die gevolg van die manier hoe die gras gesny is en nie die produk of toediening daarvan nie.
Verder is die volgende geskrewe terugvoer ontvang vanaf Mnr Bertie van Litsenborgh, Rugby-Organiseerder van Hoërskool Gimnasium Paarl, na gebruik van die produk:
“Ons is trots om saam met ’n handelsmerk te werk wie se produkte ’n ware wonderlike verskil gebring het, en wat ons help om ons sport gronde in top toestand te hou gelykstaande aan internasionale velde.”
Hierdie terugvoer dien as voor die handliggende bewys van Power Lawn se betroubaarheid, doeltreffendheid en die konsekwente resultate in verskeie uiteenlopende omgewing.

GROEI POWER LAWN – Kunsmis Groep 1 – Registrasienommer K11791, Wet 36 van 1947