Koolhidrate in avokados

Rol van koolhidraatvlakke met opbrengs in avokadoboorde

Geskryf deur Jaques Landman
Direkteur & Tegniese Besturder by Agri Technovation

Die avokado (Persea americana) word gekenmerk deur sy voedsame vlees, wat ’n buitengewone hoë inhoud van onversadigde olie (van 20% tot 30%, vars gewig) bevat, asook sy enkele groot saad. Beide die hoë olie-inhoud en die groot saad, vereis ’n hoë energie-inset, wat voorsien word deur koolhidrate, afkomstig van fotosintese.
Plantgroei en koolstofmetabolisme is dus verwant, aangesien koolhidrate in die vorm van sukrose, die primêre boustene vir selgroei en energie uitmaak vir die uiteindelike produksie en instandhouding van plant-biomassa.
Die regulering van koolstofverdeling tussen die bron- en sinkweefsels op fenologiesevlak is direk gekoppel aan die sellulêre paadjies van geassimileerde vervoer, sowel as die metabolisme en toediening van suikers en sinkorgane soos wortels, lote, blomme, en vrugte4.
Fisiologiese veranderinge
Plante kan ’n wye verskeidenheid biotiese en abiotiese stimuli waarneem en daarop reageer. In reaksie op hierdie stimuli ondergaan hulle fisiologiese, biochemiese, en fisiese veranderinge om ’n fenotipe te produseer wat ooreenstem met hul omgewing4. In veelsellige plante bied suiker-gereguleerde genetiese uitdrukking ’n meganisme vir die beheer van die verspreiding van hulpbronne tussen weefsels en verskillende organe.
’n Lae konsentrasie van koolhidrate sal lei tot die opregulering van gene wat verantwoordelik is vir fotosintese, hermobilisasie, en die uitvoer van gestoorde koolhidrate, terwyl die plant mRNA’s verlaag vir berging en benutting. Wanneer daar oorvloedige vlakke van koolhidrate beskikbaar is, sal die teenoorgestelde effekte plaasvind deur ’n kombinasie van geen onderdrukking en induksie1.

Hoe koolhidrate opbrengs beïnvloed
Koolhidraatvlakke is die laagste na die somer se vegetatiewe lootgroei en kort voor blominisiasie in die herfs (Figuur 1). Die vlakke neem toe in die winter gedurende die periode van blomontwikkeling, en bereik ’n maksimum in die vroeë lente, net voor blom.
Koolhidraatvlakke, veral stysel, verlaag drasties tydens blom, lootgroei en vrug ontwikkeling.
Avokadobome het gewoonlik ’n tweejaarlikse draer siklus (alternatiewe draer siklus). ’n AAN-jaar of swaar oeslading lei gewoonlik tot lae styselvlakke in permanente boomorgane en dra by tot ’n AF-jaar in die daaropvolgende seisoen.
Oesladings in tweejaarlikse peilings hou nou verband met die koolhidraatreserwes van die bome2. Hoë opbrengste volg op ’n hoë opbou van stysel gedurende die vorige winter en lei tot lae styselvlakke gedurende die volgende jaar.
Hoe om die koolhidraatvlakke in jou avokadoboord te meet
Koolhidrate is duidelik noodsaaklik vir die groei van plante en vrugte deur die seisoene. Daarom is dit krities om die koolhidraatstatus en alternatiewe dragpatroon van avokadoboorde te verstaan om dit dienooreenkomstig te bestuur.

Die opwindende en nuwe ontledingstegnologie vir blare en wortel koolhidrate (CHO) is in Maart 2020 deur Agri Technovation se Navorsingsentrum vir plantfisiologie, bekendgestel. Die tegnologie is baanbrekend, trots Suid-Afrikaans, en gebaseer op wetenskaplike navorsing wat oor baie jare ontwikkel is. Dié analiseprogram is  kommersieel die enigste van sy soort op avokado en norme is al beskikbaar.

Deur gebruik te maak van ITESTTM CARBOHYDRATE-ontledings, kan suiker- en styselkonsentrasies in blare en wortels akkuraat en deurlopend gemonitor word in die belangrikste fisiologiese stadiums van die gewas. Dit kan help om beter en tydige bestuurspraktyke toe te pas wat sal help om die optimale groei van plante, opbrengste, en vrugte te verseker.

Figuur 1: Veranderinge in die koolhidraatreserwes deur die seisoene.

Bronne
Koch, K. E. (1996). Carbohydrate-modulated gene expression in plants. Annual Review of Plant Physiology and Plant Molecular Biology, 47(1), 509–540.
Scholefield, P. B., Sedgley, M., & Alexander, D. M. E. (1985). Carbohydrate cycling in relation to shoot growth,
floral initiation and development and yield in the avocado. Scientia Horticulturae, 25(2), 99–110.
Liu, X., Robinson, P. W., Madore, M. A., Witney, G. W., & Lu Arpaia, M. (1999). “Hass” avocado carbohydrate
fluctuations. II. Fruit growth and ripening. Journal of the American Society for Horticultural Science, 124(6), 676–681.
Osorio, S., Ruan, Y., Fernie, A. R. 2014. An updte on source-to-sink carbon partitioning in tomato.
Frontiers in Plant Science, 516(5): 10.3389/fpls.2014.00516.

Vir meer inligting kontak ons by +27 21 300 0543 | www.agritechnovation.co.za |  info@agritechnovation.co.za