Potatoes_shutterstock_146377145_RGB 300dpi

Byvoegmiddels in landbou

Deur Allan Huysamen

Tegniese Bestuurder – Byvoegmiddels

Agri Technovation

Bevorderingsmiddels het al ’n ver pad gestap vanaf die seepoplossings wat gebruik is op onkruid in die 1800s. Deesdae kan verskeie byvoegmiddels verskillende behoeftes vul om sodoende die doeltreffendheid van gewasbeskermingsprodukte, kunsmis, en ander spuitoplossings te verbeter.

Byvoegmiddels kan sodoende bydra tot verlaagde oorhoofse kostes deur die hoeveelheid kunsmis of gewasbeskermingsprodukte wat gebruik word te optimaliseer. Die korrekte gebruik van hierdie byvoegmiddels kan ook ’n duidelike positiewe uitwerking op die oesopbrengs hê.

Byvoegmiddels kan in twee hoofklasse gekategoriseer word – dié wat die fisiese eienskappe van die spuitoplossings verander (benuttings-
byvoegmiddels) en dié wat die biologiese effektiwiteit van die aangewende stof direk verhoog (aktiveerder-byvoegmiddels).

Benuttings-byvoegmiddels kan toelaat dat landbouchemiese formulerings makliker en meer doeltreffend toegedien word, dat dit ’n verhoogde langlewendheid op blaaroppervlaktes het, of dat die reeks toestande waaronder dit effektief is, vermeerder. Alternatiewelik kan aktiveerder-byvoegmiddels direk help met verbeterde opname van die aktiewe bestanddeel deur die plant, of om chemiese komponente wat antagonisties teenoor die aktiewe bestanddeel is, te neutraliseer. Daar moet wel opgelet word dat sommige byvoegmiddels in beide kategorieë val en op so ’n manier funksioneer dat dit beskryf kan word as benuttings- én aktiveerder-byvoegmiddels.

Produsente het waarskynlik nie beheer oor die kwaliteit van water wat beskikbaar is vir besproeiing, bemesting, en vir die nodige tenkmengsels vir blaarbemesting of gewasbeskerming nie. Onbekende waterkwaliteit kan die oormatige gebruik van kunsmis- en gewasbeskermingsprodukte veroorsaak as die watergehalte beter is as wat verwag is, of dit kan lei tot onvoldoende aktiwiteit van die produkte in die omgekeerde geval. In albei gevalle sal produsente onnodige kostes opdoen wat vermider kan word deur net die waterkwaliteit te verstaan en sodoende ingeligte regstellings aan te bring voordat kommersiële produkte bygevoeg word.

Die ITEST WATER™ – Spuitoplossing eienskappe vorm deel van Agri Technovation se dienste en beoog om waardevolle insig te lewer oor die watergehalte van ’n bepaalde waterbron. Met die indiening van elke monster word die water in ons laboratorium geanaliseer met betrekking tot die belangrikste kwaliteitsparameters en word daar wetenskaplike aanbevelings vir
waterregstelling deurgegee.

Belangrike watergehalteparameters om in ag te neem sluit in alkaliniteit, pH, elektriese geleidingsvermoë, en totale opgeloste soute. Elektriese geleidingsvermoë en die totale opgeloste soute is nou verbonde aan die hardheid van ’n bepaalde waterbron, wat ’n maatstaf is vir die mineraalinhoud van die water en kan meer spesifiek gedefinieer deur die intrinsieke oorvloed van Ca2+, Mg2+ en Na+-katione. Die korreksie van die water se pH in gevalle waar dit nie optimaal is nie, is belangrik vir die funksionering van baie landbouchemiese produkte en die regstelling word veeleisender namate die hardheid van die water toeneem. 

Baie gewasbeskermingsprodukte vereis ’n effense suurder omgewing om hul stabiliteit en oplosbaarheid te maksimeer, veral diegene wat vatbaar vir alkaliese hidrolise is, en die neerslag van ongecheleerde-vormende voedingstowwe kan ook voorkom wanneer sekere kunsmisformulerings by water met ’n hoë pH gevoeg word. Die regstelling van water se pH verbeter ook die versoenbaarheid van die spuitoplossing, asook die opnamesnelheid van die aktiewe bestandeel deur algeheel die verspreiding en beskikbaarheid daarvan te verhoog. Om hierdie
redes is die gebruik van ’n hoë gehalte bufferbyvoegmiddel om die pH van ’n tenkmengseloplossing te beheer, noodsaaklik om die goeie werking van baie landbouchemikalieë te verseker. Verder is die begrip van die waterkwaliteit van die bron wat bedoel is om as draer vir die toepassing van hierdie landbouchemikalieë gebruik te word, uiters voordelig om die doeltreffendste gebruik van buffer-byvoegmiddels te bepaal.

Agri Technovation se buffer-byvoegmiddels (pHerfect en STAY@5) is voorbeelde van hoë gehalte benuttings-byvoegmiddels wat
albei funksioneer deur die pH-vlakke van die oplossing te reguleer tussen 4.5 en 6.

Die herbenatter eienskappe van albei produkte vergemaklik die maksimum-opname van die aktiewe bestanddele, en STAY@5
bevat benatters wat  ’n eenvormige spuitdruppelgrootte bevorder en die oppervlakbedekking van die oplossing op teikengewasse te verbeter. Hierdie produkte is noukeurig getoets deur gebruik te maak van water van verskillende gehalte en is bewys dat dit baie effektief is om die optimale pH daarin te bereik.


In water van goeie gehalte met ’n lae EG sowel as baie swak gehalte water met ’n hoë EG, by pH 7, is net 50 ml – 100 ml per 100 liter water nodig om ’n optimale pH te bereik (Figuur 1).

Figuur 1: Die effek van die verhoging van die dosis Stay@5 op die pH van water met verskillende kwaliteite.

Alhoewel ’n pH van tussen 4.5 en 6 optimaal sal wees vir die funksie van die meeste landbouchemiese formulerings, is dit belangrik om in gedagte te hou dat dit nie vir almal die geval sal wees nie.

 Byvoorbeeld, sulfonielureumonkruiddoders vereis dat die oplossing effens alkalies is vir optimale oplosbaarheid.

 

For more information, contact Agri Technovation on +27 21 300 0543 or visit www.agritechnovation.co.za. Inquiries can also be sent to info@agritechnovation.co.za via email.