Aartappels

Aartappels wat Gatskop!

Aartappels wat Gatskop!

deur Marné Vermaak, Agronoom en Gideon Celliers, Senior Agronoom

Die algemene behoeftes

Die hoeveelheid aartappelknolle wat per aartappelplant geproduseer kan word, word bepaal deur die klimaat, landboupraktyke en die variëteit se potensiaal. Al kan weerpatrone tot ’n mate voorspel word, kan dit nie beheer word nie. Dus is dit belangrik om ’n gepaste streek vir aartappelverbouing te kies.

Ander verbouing-verwante faktore soos besproeiing, plaagbeheer, moerkwaliteit en planttyd kan wel beheer en bestuur word. Om te verseker dat ’n oes ekonomies sinvol is, is dit belangrik om die plant van die vereiste water en nutriënte te voorsien soos benodig gedurende die verskillende fenologiese stadia. Aartappelmoere moet ryp en plantgereed wees. Die kwaliteit van die moer wat geplant word speel ’n baie groot rol in die finale opbrengs, maar dit is ook nie ’n sogenaamde “silver bullet” nie. Produksie moet reg bestuur word van begin tot einde en die moer se potensiaal kan slegs bereik word indien die produksieseisoen glad verloop.

Bemesting is ’n sleutelfaktor wat die moerpotensiaal bepaal. ’n Goeie pasgemaakte bemestingsprogram wat die land se individuele faktore in ag neem, sal verseker dat die boer die volle potensiaal uit die moere kan put.

Aartappels

Belangrike voedingselemente

Stikstof (N)

Stikstof is ’n komponent van proteïene, chlorofil en nukleïensuur. Dit maak die element dus noodsaaklik vir fotosintese, vegetatiewe groei en koolhidraatberging. Die hoeveelheid stikstof wat die plant benodig asook die bemestingtoedieningspraktyke word bepaal deur die lengte van die groeiseisoen, grondtipe en potensiaal vir loging.

Gebalanseerde bemestingtoedienings verseker ’n uitstekende begin vir ’n aartappeloes. Te veel stikstof in die begin van die groeiseisoen druk die plant om meer vegetatief te groei, ten koste van knol-inisiasie.

Dit is belangrik om die regte stikstofbalans in die plant te handhaaf vir plantgroei en die grootmaak van oeste. Stikstof is veral belangrik tydens blaarvorming en daarna vir knolgroei om koolhidraatproduksie in blare te optimaliseer.

Fosfaat (P)

Fosfaatbeskikbaarheid tydens knol-inisiasie is belangrik om maksimum knolset te verseker. Alhoewel dit moeilik is om die optimale ekonomiese hoeveelheid fosfaat wat aartappels benodig te identifiseer (vanweë verskille in grondtipe en -chemie), reageer aartappels vinnig op fosfaat. Waar fosfaatvlakke in die grond nie voldoende is nie, kan blaarbespuitings gedoen word om vinnige fosfaatbeskikbaarheid aan die plant te verseker.

Fosfaat is noodsaaklik vir die groeistadia wat hoë energievlakke vereis soos seldeling, wortelontwikkeling, blomvorming en rypwording. Naas knol-inisiasie, is fosfaat ook noodsaaklik vir die sintese, die vervoer en stoor van stysel. Fosfaat is nie beweeglik in die grond nie. Dus is die plasing van fosfaat baie belangrik. Wat fosfaat-toediening betref, is bandplasing en sproeibemesting (fertigation) meer effektief as strooi, veral op gronde met hoë potensiaal vir fosfaatvaslegging.

Fosfaat is ’n belangrike energiebron tydens plant vir groei, asook stamen wortelverlenging. Dit kan ook die knolset verbeter voor en na knolinisiasie en is verder ook noodsaaklik vir groei tydens knolvergroting. 

Aartappels

Figuur 1: Illustrasie dui die plasing van verskillende plantnutriënte (bemestingstowwe) ten opsigte van die wortels aan, volgens die bewegingsvermoë in grond (How to increase potato tuber numbers, 2018).

Aartappels

Figuur 2: Grafiek toon die invloed van grond-pH op die beskikbaarheid van fosfaat as gevolg van kalsiumpresipitasie by hoë grond-pH en fosfaatfiksasie met yster en aluminium by ʼn laer grond-pH (Penn, Chad & Camberato, James, 2019).

Kalium (K)

Dit is welbekend dat kalium die hoeveelheid knolle wat set beïnvloed, maar daar word dikwels vergeet dat die kaliumbron of samestelling ’n ooreenstemmende groot rol kan speel.

Kalium beïnvloed die vervoer van nutriënte en die beweging van koolhidrate vanaf die blaar na die knol. Kalium in aartappels is krities vir groot oeste en word in grootmaat deur aartappels benodig.

Dit is dus van groot belang om seker te maak dat kalium nie ’n beperkte nutriënt gedurende die groeiseisoen word nie. In die huidige ekonomiese tye het pryse van bemesting ’n baie groter impak as voorheen en is dit dus belangrik om te verstaan wanneer die plant kalium nodig het en hoe kalium beskikbaar gestel word vir ’n plant, ten einde te kan bepaal hoeveel kalium toegedien moet word.

Dit is krities om ouksiene en sitokiniene saam en in die regte balans te gebruik.

In aartappels word ouksiene gewoonlik in die halm vervaardig en beweeg af na die wortels, waar sitokiniene in die wortel geproduseer word en op beweeg na waar dit groei in die halm bevorder (Sosnowski et al., 2023).

Aartappels

Figuur 4: Waar GATSKOP™ gebruik is, kan ’n duidelike verbetering in wortelvorming en knol-inisiasie gesien word.

Dit is dus belangrik om ’n goed-gebalanseerde groeireaksie te handhaaf en in hierdie opsig word GATSKOP™ aanbeveel om dit te bewerkstellig.

Wat is GATSKOP™?

GATSKOP™ is ’n blaarvoedingsproduk geformuleer met verskeie groei-ondersteuningskomponente asook makro- en mikronutriënte om vroeë plantgroei en wortelontwikkeling in aartappels te stimuleer. GATSKOP™ ondersteun die plant se voedingsbehoeftes effektief deur makro- en mikronutriënte in gebalanseerde konsentrasies te verskaf.

GATSKOP™ is van só ’n aard dat, wanneer dit op die regte fenologiese stadiums toegedien word, dit die verlangde ontwikkeling vir daardie stadium in die aartappelplante stimuleer.

Die spesifieke samestelling van GATSKOP™ beskerm plante teen dehidrasie en waterstres deur te dien as osmotiese agent. GATSKOP™ word toegedien op aartappels 2 tot 4 weke na 100% opkoms tydens knol-inisiasie, om te verseker dat daar genoeg volwasse blare vir  effektiewe opname is.

GATSKOP™ kan dus gebruik word as ’n effektiewe en gebalanseerde produk om optimale groei in aartappels te verseker.

Verwysings:

1. How to increase potato tuber numbers (2018) Yara United States. Available at: https://www.yara.us/ crop-nutrition/potato/how-to-increase-potato-tuber-numbers/ (Accessed: May 5, 2023).

2. Penn, Chad & Camberato, James. (2019). A Critical Review on Soil Chemical Processes that Control How Soil pH Affects Phosphorus Availability to Plants. Agriculture. 9. 120. 10.3390/agriculture9060120.

3. Sosnowski, J., Truba, M. and Vasileva, V. (2023). The impact of auxin and cytokinin on the growth and development of selected crops, MDPI. Multidisciplinary Digital Publishing Institute. Available at: https://www.mdpi.com/2077-0472/13/3/724 (Accessed: May 5, 2023).